AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Presisieboerdery reik na nuwe hoogtes

Nuwe tegnologie bring nuwe terminologie. Die nuwe terminologie kan egter soms verwarrend wees. Dieartikel verduidelik wat presisieboerdery alles behels en verklaar die terminologie.

Boere pas elemente van presisieboerdery al jare toe. Selfs iets soos die aantekeninge agter op 'n sigaretdosie. Maar rekenaar- en satelliettegnologie het die landbou 'n nuwe wêreld ingelei. Met die jongste rekenaartegnologie het presisieboerdery en boerderybestuurstelsels makliker, kragtiger en toegankliker geword.

Mnr. Pieter Schoeman, besturende direkteur van Farm IT Solutions, sê presisieboerdery behels nie net toerusting op 'n stroper of planter om opbrengs- of kunsmistoediening te bepaal nie. Dit is slegs één komponent van presisieboerdery; akkurate rekordhouding, soos uitgawebestuur, is nóg 'n deel daarvan.

Enige akkurate bestuurstelsel begin by die kleinste bestuurseenheid op die plaas. Die lande en grense moet eers met 'n globale posisioneringstelsel (GPS) opgemeet en/of gekarteer word voordat dit akkuraat bestuur kan word. Met 'n geografiese inligtingstelsel (GIS) word verskillende lae inligting van presisieboerdery, soos geïnterpreteerde satellietbeelde, grondpotensiaalgrense en akkurate landgrense, in een stelsel saamgevoeg.

Die GIS is 'n inligtingstelsel soortgelyk aan ander inligtingstelsels, soos 'n finansiële stelsel, behalwe dat dit ook geografiese of liggingsdata én bypassende inligting insluit. Gegrond op die liggingsdimensie kan inligting grafies voorgestel en komplekse verwerkings daarop gebaseer word.

Inligting in tabelvorm, wat sonder die geografiese dimensie minder bruikbaar vir beplanning sou wees, soos die verspreiding van verbrakking en opbrengs per land, kan met 'n GIS in ruimtelike verband voorgestel word.

'n Tipiese bestuurstelsel bestaan basies uit drie hoofkomponente, naamlik 'n kaart van die plaas en infrastruktuur (geografiese komponent), inligting wat elke aksie op die plaas/land beskryf (alfa-numeriese komponent) en 'n geïnterpreteerde satellietbeeld.

Die geografiese komponent kan uit verskillende lae bestaan. Mnr. Schoeman gee 'n paar voorbeelde:

Die eerste laag is gewoonlik die GPS-opgemete inligting, soos plaas- en landerygrense, riviere, plaaspaaie, windpompe en damme.

Die tweede laag is 'n akkurate GPS-grondkarteringslaag, wat die potensiaal van die verskillende gronde opberg.

'n Ander laag kan die stropermonitor se inligting bevat, wat die verskillende opbrengste op die lande vertoon.

'n GIS-verslag kan volgens oppervlakte of opbrengs per land opgestel word. Dit beteken die gebruiker kan tematiese inligting vanaf die databasis op die kaart aandui (alfa-numeriese inligting, gekoppel aan ruimtelike data). Die alfa-numeriese komponent is die belangrikste komponent, want dit bevat ál die tematiese inligting wat die boer op sy kaart wil hê, naamlik produksiemiddele en verslae.

Die inset-opsie bevat ál die produksiemiddele. As 'n land bewerk is, word hierdie inligting aangeteken. Met die verslag-opsie kan verskillende verslae uit die databasis onttrek word. Die boer kan byvoorbeeld sy produksiekoste per hektaar of land bereken, wat dan bepaal watter lande die betalendste was en hoekom sekere lande nie volgens hul potensiaal geproduseer het nie.

Satellietbeelde of lugfoto's word ál meer gebruik vir veral produksieverhoging, siektebepaling, grondtoestande en kunsmistoediening. Skerp satellietbeelde of lugfoto's stel 'n boer in staat om stremming op 'n plant waar te neem, ruim tien dae voordat die menslike oog dit kan eien.

Mnr. Schoeman sê die gereelde gebruik van hierdie hoëresolusiebeelde is nog duur, maar, soos dit met inligtingstegnologie gaan, behoort dit mettertyd goedkoper te word. Die hoeveelheid inligting wat in 'n seisoen ingesamel word, kan vir die enkelboer én groot organisasie van soveel waarde wees dat die gebruik van hierdie mediums later onmisbaar kan word.

Navrae: Mnr. Pieter Schoeman, posbus 4338, Rivonia, 2128;

selnr. 083 653 6244, tel. 011 324 3958; e-pos: pschoeman@ Farm-it.co.za;

webadres: www.farm-IT.co.za

Satelliete waak oor gewasse

Vanuit die bakkie of selfs te voet tussen die

mielies, koring, groente of vrugtebome kan 'n boer gou-gou sien as sy gewasse of

bome deur plae geteister word of droogte ly, maar nie so blitsig soos uit 'n

satelliet wat foto's van die landerye neem nie.

Mnr. Dewald Lloyd, Suid-Afrikaanse verteenwoordiger van EcoSat, sê hierdie satelliet verskaf landbou-inligting oor plantegroei en grond. Dit bied verskeie kaarte, onder meer kaarte wat die wisseling in plantegroei wys. EcoSat lewer ook bykomende dienste, soos beeldinterpretasie, grondondersoeke en veldwerk vir die verifiëring van die satellietfoto's..

Elke keer wat die satelliet oor hul streek beweeg (elke vier tot sewe dae), word foto's geneem en aan boere beskikbaar gestel. Dit kan 'n strook van 16,5 km op 'n slag fotografeer. Die satelliet se definitiewe beeldskerpte (resolusie) is 61 cm (tans die hoogste resolusie van alle kommersiële satelliete). Vir die landbou word 'n beeldskerpte van 61 cm tot 2,8 m gebruik, wat skerp genoeg is om wisselings in sy gewasse se groei uit te wys.

Met behulp van kleurkodes kan hy wisseling in die plantegroei eien. Dele wat aan stres ly weens onder meer droogte, insekte of ander plae, oormatige grondsuurheid of 'n wanbalans in plantvoedingstowwe, is duidelik op die kaarte.

Die kaart toon ook die persentasie blaar-oppervlakte, wat 'n aanduiding is van hoe ver die gewas reeds fisiologies gevorder het. Dus kan die boer sy gewas monitor sodat hy betyds kan agterkom as iets fout is, selfs nog voordat stres met die oog sigbaar is.

Dit bring 'n besparing mee, want hoe gouer hy agterkom daar is fout, hoe kleiner is die oppervlak waarskynlik wat hy moet behandel. As die land met 'n vliegtuig bespuit moet word, kan die boer 'n GPS-kaart laat trek en dit in die vliegtuig se GPS-stelsel laai, sodat net die "siek" dele bespuit word.

Dit bespaar hom ook tyd wat dit hom neem om gereeld die hele land deur te loop, want met behulp van die kaarte kan hy reguit na die dele gaan waar die gewas nie na wens groei nie.

'n Veranderingskaart word gebruik sodra meer as een beeld gelewer is om verskille tussen die twee beelde aan te dui; dus waar die plantegroei verbeter het (groen en skakerings van groen), waar geen veranderings is nie (wit) of agteruitgaan (geel tot rooi en oranje skakerings).

Mnr. Lloyd sê die beelde stel die boer ook in staat om bespuitingskaarte te trek en grondsone akkuraat te bepaal sodat planters wat vir die doel ontwerp is, die saad en kunsmis veranderlik kan toedien.

Die opbrengskaarte wat deur die nuwe geslag stropers gelewer word, kry ook meer betekenis, want die boer kan nou die geskiedenis van die plantseisoen volg. Ná die oes kan hy dan regstellings doen waar dit nodig is.

"Die beelde is egter nie 'n towermiddel nie, maar 'n stuk gereedskap wat die boer help om beter besluite vinniger te neem," sê hy.

EcoSat se hoofkantoor is in Midrand. Hy het takkantore landwyd.

Navrae: Mnr. Dewald Lloyd, tel. 011 205 9040.

18 Julie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-0.9%
Rand - Pond
20.14
-0.1%
Rand - Euro
17.63
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,711.89
-0.3%
Silwer
20.42
-1.1%
Palladium
2,282.50
+1.1%
Platinum
919.00
-0.4%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,423
+0.4%
Alle aandele
65,783
+0.3%
Hulpbronne 10
63,199
-0.8%
Industriële 25
79,990
+1.0%
Finansiële 15
13,998
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot