Die opbrengste wat gewoonlik met hoë kunsmispeile behaal word, kan bereik word deur minder kunsmis en ’n kombinasie van omgewingsvriendelike praktyke te gebruik.
Een van die praktyke wat laer kunsmistoediening moontlik maak, is die verbouing van peulgewasse, soos bone, sojabone, lupiene en klawer, wat stikstof in die grond bind, veral waar bemestingsvlakke laag is.
Ander praktyke is die verbouing van ’n groter verskeidenheid gewasse om onkruid en siektes te onderdruk – probleme wat veral opduik wanneer hoë bemestingspeile gebruik word – en die toediening van organiese materiaal in die vorm van mis, kompos of oesreste.