AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Rand en re

Die verwagte witmielie-oes, tesame met die groot oordragvoorraad, plaas beslis 'n demper op die prys van wit en geel mielies. Boere moet die faktore wat die herstel van mieliepryse bepaal, fyn dophou om te verseker dat hulle hul bemarkingsplan betyds aanpas.

Die verwagte witmielie-oes, tesame met die groot

oordragvoorraad, plaas beslis 'n demper op die prys van wit en geel mielies.

Boere moet die faktore wat die herstel van mieliepryse bepaal, fyn dophou om te

verseker dat hulle hul bemarkingsplan betyds aanpas.

Die prys vir wit mielies

was tot ongeveer middel Desember verlede jaar hoog, maar het daarna dramaties

gedaal. Die verstewiging van die rand teenoor die dollar, wat die invoer- en

uitvoerpariteit van wit mielies laat daal het, en die verwagte grootte van die

witmielie-oes was die vernaamste faktore wat tot die prysdaling gelei

het.

Selfs met 'n baie lae opbrengs lyk dit of Suid-Afrika meer as genoeg wit

mielies sal hê vir plaaslike verbruik en uitvoer, sê mnr. Adriaan Snyman,

besturende direkteur van Vrystaat Mielies. In die tabel word drie produksiescenario's met die seisoen 2002/03 vergelyk, naamlik die gemiddelde opbrengs van die afgelope drie jaar (2,82 ton/ha), 'n lae opbrengs (2,1 ton/ha) en 'n hoë opbrengs (sowat 3,31 ton/ha). Vir elk van diescenario's is die uitvoer op 900 000 ton en die totale aanplanting op 2,023 miljoen hektaar gestel.

Die kommersiële vraag na mielies in Suid-Afrika

 

Wit mielies

Geel mielies

 

2002/03
('000 t)

2003/04
('000 t)

2002/03
('000 t)

2003/04
('000 t)

AANBOD
Opbrengs (ton/ha) 2,942,8212,1023,3133,043,2112,1023,503
Beginvoorraad (1 Mei)

559

1 305

1 305

1 305

643

497

497

497

Produksie

5 077

5 700

4 248

6 575

3 386

3 139

2 052

3 420

Invoer

274

0

0

0

400

240

240

240

Aanplanting (ha)

1 722

2 023

2 023

2 023

1 112

977

977

977

Totale aanbod

5 910

7 005

5 553

8 001

4 429

3 876

2 789

4 157

VRAAG
Verbruik
- voedsel

3 525

3 750

3 750

3 750

202

280

280

280

- voer

99

175

175

175

3 086

2 950

2 950

2 950

- plaasverbruik

266

215

215

215

2 52

198

198

198

Uitvoer

715

900

900

900

392

100

100

100

Totale vraag

4 605

5 040

5 040

5 040

3 932

3 528

3 528

3 528

Eindvoorraad
(30 April)

1 305

1 965

513

2 961

497

348

-739

629

Benodigde pyplyn

480

510

510

510

436

404

404

404

Dae se verbruik

122

173

45

269

51

37

-79

67

1 = gemiddelde opbrengs die afgelope drie jaar
2 = lae opbrengs
3 = hoë opbrengs

Mnr. Snyman sê dit is juis die oppervlakte onder produksie wat die groot

verandering tot gevolg het. Net vir wit mielies het die oppervlakte van 1,722

miljoen tot 2,023 miljoen hektaar toegeneem. Dit lyk of daar 'n groot

witmielie-oes gaan wees en dit druk swaar op die mark, met die gevolglike daling

in pryse.

Wit mielies se Safex-prys vir Julie was op die 24ste Februarie R397,24/ton

($1 = R8,20) onder invoerpariteit. Hierdie prysverskil word grootliks deur die

wisselkoers beïnvloed, soos dit uit die tabel blyk.

Boere kan die volgende faktore dophou om die herstel van die witmielieprys te

probeer bepaal:

  • Enige droogte en veral vroeë ryp kan die grootte van die oes nadelig

    tref. Die grootste deel van die westelike produksiegebiede se mielies bestuif

    eers teen die einde van Februarie en die eerste helfte van Maart. Reën in

    Maart kan derhalwe nog 'n groot invloed op die finale oesgrootte

    uitoefen.

  • 'n Verswakking of 'n verstewiging in die rand teenoor die dollar kan die

    prys laat styg of daal.

  • As genoeg wit mielies uitgevoer kan word, kan dit voordelig vir die prys

    wees; indien nie, sal dit die prys benadeel.

  • As die verbruik van geel mielies vervang sou word met wit mielies, kan

    witmieliepryse stabiliseer - en omdat dit die verbruik van wit mielies

    verhoog, kan dit die prys van wit mielies bevoordeel.

  • Die internasionale prys van mielies, veral in planttyd en bestuiwingstyd,

    kan bydra om die prys van wit mielies te beïnvloed.

  • Die pryspremie van wit mielies teenoor geel mielies op die wêreldmark kan

    ook die plaaslike witmielieprys beïnvloed.

  • Die reënval in Maart sal 'n groot bydrae lewer om die finale grootte van

    die witmielie-oes te bepaal.

  • Die prys van geel mielies het sedert die laaste helfte van September 2002

    begin daal - ongeveer twee maande voor dievan wit mielies. Hierdie vroeër

    daling is te wyte aan die verstewiging van die rand teenoor die dollar. Omdat

    geel mielies die hele jaar lank ingevoer is, het die verstewiging van die rand

    die gelande prys van ingevoerde geel mielies regstreeks beïnvloed.

Die huidige prys van geel mielies vir lewering in Julie 2003 is sowat

R144,49/ton onder invoerpariteit (tabel). Die geelmielieprys was die grootste

deel van die produksieseisoen gelyk aan of bo invoerpariteit en het eers vanaf

die tweede week in Februarie 2003 onder die vlak begin beweeg.

Omdat die prys van geel mielies nou onder die vlak van invoerpariteit is, kan

dit tot gevolg hê dat voorrade eerder plaaslik gekoop word as wat dit ingevoer

word. Daar moet kennis geneem word dat geelmielieverbruikers in die kusgebiede

reeds tot invoer verbind is tot Augustus 2003. Hierdie invoer is voorraad

bykomend tot die geel mielies wat plaaslik geproduseer gaan word.

Die geelmielie-voorraadprentjie lyk heelwat anders as dievir wit mielies.

Daar gaan net met 'n groot oes genoeg geel mielies plaaslik beskikbaar wees. 'n

Gemiddelde tot swak oes gaan tot 'n tekort lei.

Dit beteken egter nie noodwendig dat die prys van geel mielies skielik weer

gaan herstel nie. Geel mielies kan met wit mielies vervang word teen 'n

prysverskil van sowat R30/ton. Vervanging is dus lonend, en dit sal die

geelmielieprys benadeel. Die geelmielie-oes kan ook deur die weer in Maart

beïnvloed word.

Mnr. Snyman sê dit is moeilik om te bepaal hoe ver geel- en witmieliepryse

nog kan daal. Daar kan geredeneer word dat die prys van geel mielies tot op

uitvoerpariteit kan daal en dat wit mielies s'n nog R30/ton onder die

uitvoerpariteitvlak van geel mielies sal daal om die vervanging van geel mielies

deur wit mielies te bewerkstellig.

As diescenario waar word, kan geelmieliepryse so laag as R755,03/ton ($1 =

R8,20) daal as die Safex-geelmieliekontrak vir Julie 2003 as basis geneem word.

Sou vervanging van geel mielies met wit mielies plaasvind, kan die prys 'n

verdere R30/ton daal.

Die volgende faktore kan 'n invloed op die geelmielieprys hê:

  • Die internasionale prys van geel mielies, veral in Amerika se planttyd

    (April en Mei) en bestuiwingstyd (Julie en Augustus).

  • Die verswakking of verstewiging in die wisselkoers.

  • Die weer, veral die reënval in Maart 2003.

  • Die verkleining van invoer omdat geelmieliepryse onder invoerpariteit

    verhandel.

Sonneblomme
Sonneblompryse het sedert middel Oktober 2002

gedaal, hoofsaaklik vanweë die verstewiging van die rand en omdat verwerkers 'n

surplus oliekoek het wat moeilik bemark kan word.

Die hoeveelheid wat oorgedra is (sowat 293 000 ton begin Januarie) is

relatief groot teenoor die jaarlikse gebruik van 720 000 ton. Dit verteenwoordig

bykans vyf maande se verbruik. Die groot voorraad kan toegeskryf word aan groter

invoer omdat verwerkers sonneblomolie goedkoper kon invoer. Die groot

oliekoekvoorraad belemmer die aankoop van sonneblomme.

Mnr. Snyman sê markte het 'n geneigdheid om mekaar te beïnvloed, veral omdat

gewasse soos mielies en sonneblomme om dieselfde grondoppervlakte meeding. 'n

Daling in die prys van een kan lei tot 'n daling in die prys van die ander, en

dit kan gebeur dat die prys van sonneblomme daal omdat die prys van wit en geel mielies daal.

Omdat sonneblomme se prys die verstewiging van die wisselkoers nougeset gevolg het, is dit die een faktor wat boere moet dophou. Hulle sal ook die oordragvoorraad moet dophou. Die finale grootte van die oes gaan uiteraard 'n groot invloed hierop hê.

Stabieler koringprys

verwag

Tensy die rand weer tot vlakke van R13 per dollar verswak, sal koring se Desember-kontrakprys op R1 500/ton tot R1 600/ton (Safex, Randfontein) verhandel. Boere sal moet aanpas om teen diepryse te produseer.

Koringprodusente sowel as meulenaars het die afgelope seisoen 'n duur les geleer. Verkeerde besluite met die verkoop en invoer van koring het meulenaars en boere baie gekos.

Meulenaars het hul vingers verbrand met die invoer van swakker koring en dít teen taamlik hoë pryse. Diekoring is ingevoer teen sowat R1 500/ton, wat toe 'n goeie prys was, maar met die daling in die prys van beter Suid-Afrikaanse koring tot vlakke van R1 300/ton (Safex, Randfontein) het dit 'n duur kopie geword.

Baie van diekoring se gehalte was nie wat verwag is nie. Die intrinsieke eienskappe van die koring, soos mengtyd en absorpsievermoë, verskil ook van dievan plaaslike koring.

Boere het weer hul kanse verspeel om hul koring te verkoop teen hoë pryse van meer as R2 000/ton in die binneland en tot R1 830/ton in die Wes-Kaap. Baie van hulle moet nou met meer as R700/ton minder tevrede wees.

Die gevolg daarvan is dat Wes-Kaapse boere met ongeveer 200 000 ton onverkoopte koring sit en meulenaars met nog tonne ingevoerde koring. Saam met die sterk rand plaas dit op kort termyn groot druk op koringpryse, sê mnr. Albertus Viljoen, direkteur van Bester Voer- en Graanbeurs.

Meulenaars sit met groot voorrade - hulle het dus nie nodig om voor Mei te koop nie. Baie daarvan is teen dagtariewe gekwoteer en dus aan die duur kant.

Almal is onseker oor wat tot einde Maart/April met die koringprys gaan gebeur. Die belangrikste bepalende faktor is die rand. Die rand handhaaf tans sy ongekende krag van net meer as R8 per dollar. Langtermynvoorspellings dui egter dat die rand gaan verswak tot R9,50 en selfs R10 per dollar teen die einde van die jaar. Dit kan 'n groot invloed op die prys hê.

Hoewel dit moeilik is om koring te verkoop as die prys so laag is soos nou, beveel mnr. Viljoen aan dat die boere met vaste verpligtinge hul koring nou verkoop. Die rente en drakoste van die koring kan hoër wees as die prysvoordeel wat van nou tot einde Maart behaal kan word.

Boere moet ook na die afsluiting van hul belastingjaar kyk. Dit kan nadelig wees om 'n groot hoeveelheid graan na die volgende belastingjaar oor te dra.

Dieboere wat nie vaste verpligtinge het nie, moet nie daaraan dink om hul graan voor einde Maart/April te verkoop nie. Teen einde Maart het die boere reeds die graan se drakoste betaal (jaartariewe kan dan beding word) en na verwagting sal die meulenaars weer van April af in die mark kom, wat die prys kan laat styg.

Mnr. Viljoen reken die koringmark gaan in die nuwe seisoen meer gebalanseerd en op fundamentele faktore ingestel wees. Produsente sal na verwagting sowat 10 % minder saai as gevolg van die huidige groot mielie-aanplantings in die Noorde en goeie gars- en kanolapryse in die Wes-Kaap.

Meulenaars wil beter koring invoer, soos Amerikaanse harde rooi winterkoring (Hard Red Winter) en Argentynse of Duitse koring. Argentynse en Duitse koring is sowat $20/ton goedkoper as die Amerikaanse harde rooi winterkoring.

Met 'n totale plaaslike verwagte oes van ongeveer 2,1 miljoen ton en die gewone invoer van 250 000 ton tot 300 000 ton, behoort die aanbod en vraag mekaar uit te balanseer en sal pryse op die vlak van invoerpariteit beweeg. Daarenteen was die Safex-prys op 20 Februarie ongeveer R200/ton onder invoerpariteit. Verlede jaar is sowat 2,4 miljoen ton koring geproduseer en 550 000 ton tot 600 000 ton ingevoer.

Mnr. Viljoen sê die nuwe seisoen se koringprys sal

grootliks afhang van die prys waarteen Safex se Desember-kontrakte open. As in

ag geneem word dat die prys van Amerikaanse harde rooi winterkoring moontlik tot

$147/ton kan daal (die vlak waar die wêreldprys met $10 verskil van die Suid-Afrikaanse verwysingsprys en 'n nuwe tarief dus ingestel kan word); en die rand tot R9,50 tot R10,00 per dollar kan verswak, behoort die Desember-kontrakprys teen R1 500/ton tot R1 600/ton te open (tabel 1 ). Op dievlakke sal 'n nuwe heffing ingestel word wat die plaaslike prys kan ondersteun.  

TABEL 1: Invoerpariteitsberekening vir koring

 

Ou
seisoen
($)

Nuwe
seisoen
($)

Nuwe
seisoen
($)

Nuwe
seisoen
($)

Argentynse koring (VAB)

147,00

127,00

127,00

127,00

Vraggeld en versekering

20,00

20,00

20,00

20,00

Totaal

167,00

147,00

147,00

147

R/$-wisselkoers

8,30

8,50

9,00

9,50

 

(R)

(R)

(R)

(R)

Prys geland

1 386,00

1 250,00

1 323,00

1 397,00

Plus gehalte-aanpassing1

75,00

75,00

75,00

75,00

Plus finansiering en aflaaikoste 100,00100,00100,00100,00
Plus koringheffing

0,00

0,00

0,00

0,00

Plus vervoer na meule

35,00

35,00

35,00

35,00

Gelewer by meule (Durban)

1 596,00

1 460,00

1 533,00

1 607,00

Minus vervoer na Vrystaat

100,00

100,00

100,00

100,00

Minus silokoste vir 45 dae

43,00

43,00

43,00

43,00

Minus rente vir 45 dae

20,00

18,00

19,00

20,00

Waarde van Vrystaatse koring2

1 433,00

1 298,00

1 371,00

1 443,00

Plus vervoer na Randfontein

130,00

130,00

130,00

130,00

Plus silokoste

30,00

30,00

30,00

30,00

Safex-prys (Randfontein)

1 593,00

1 458,00

1 531,00

1 603,00

Minus vervoerdifferensiaal

213,00

240,00

240,00

240,00

Minus drakoste

76,00

79,00

79,00

79,00

Wes-Kaapse koringprys

1 304,00

1 139,00

1 212,00

1 284,00

1 = Argentynse koring is swakker as SA koring, vandaar die aanpassing

2 = Wat meulenaars bereid is om vir Vrystaatse koring te betaal

Hoewel Amerikaanse harde rooi winterkoring tans teen $155/ton verhandel, kan

dieprys na verwagting tot sowat $147/ton terugkeer. Die wêreldvoorraad is klein, maar 'n kombinasie van laer internasionale maalsyfers en 'n groot surplus uit die Oosblok-lande veroorsaak genoeg voorraad wêreldwyd - wat buitensporige prysstygings sal demp. Daarby is $147 die vlak waarteen die invoerheffing weer inskop. In die tabel is Argentynse koring as voorbeeld geneem. Diekoring se pryse is nagenoeg $20/ton goedkoper as harde rooi winterkoring.

Hoewel pryse vir vanjaar se aanplanting aansienlik hoër kan wees as wat nou behaal word, moet boere hul bemarking opknap en nie die meeste van hul koring terughou tot in die oestyd nie. Die afgelope paar jaar is bewys dat boere wat gereeld in die mark is, 'n bogemiddelde prys behaal. Dit sal ook die vraag en aanbod beter balanseer.

Mnr. Viljoen verwag dat boere in die Wes-Kaap meer gars en kanola gaan plant. Dit lyk of boere sowat R1 400/ton vir gars gaan ontvang. As die Safex-koringprys vir Desember op R1 500/ton open, is die Wes-Kaapse prys R1 200/ton. Gars kan dus meer as R200/ton duurder as koring wees.

Kanola-produsente het verlede jaar digby R2 500/ton gekry. Groter verwagte aanplantings en dalende oliepryse kan die pryse onder druk plaas. Pryse sal egter steeds hoog genoeg wees om aanplanting te stimuleer.

Daar is ook 'n klein ontbythawermark van ongeveer 10 000 ton in die Wes-Kaap. Die prys vir ontbythawer sal R800/ton tot sowat R900/ton wees, na gelang van die gehalte en die koste van ingevoerde hawer.

Mnr. Viljoen sê boere moet ook kennis neem van die

voorgestelde graderingstelsel (tabel 2). Volgens diestelsel

sal daar net drie grade op Safex verhandel word, naamlik B1, B2 en B3. Dit sal

verhandeling vergemaklik.

TABEL 2: Voorgestelde graderingstelsel vir koring

 

Minimum proteïen(%) en graad

 

12

11

10

9

8

< 8

 

B-1

B-2

B-3

B-4

B-UT1

Klas Ander2

HLM3(kg per
hektoliter)
      
79      
78HLM3>77HLM3>76HLM3>74   
77      
76      
75   HLM3>73HLM3>70HLM3<70
74      
73      
72      
71      
70      
< 70       
Valgetal (sek.) 250 (toleransie van minder as 30 sek.)

200

150

< 150

1 = utiliteitsgraad
2 = voergraad
3 = hektolitermassa

B1 is die huidige BP-grade, B2 die huidige BH-grade, B3 die huidige BS-grade en B4 die huidige BL-grade.

Die prysverskil tussen B1 en B2 blyk ongeveer R60/ton te wees en dietussen B1 en B3 ongeveer R120/ton. Die drie grade se valgetal moet 250 sekondes wees, met 'n toleransie van 30 sekondes. Die hektolitermassa van B1 moet hoër as 77 kg/hl wees, B2 s'n hoër as 76 kg/hl en B3 s'n hoër as 74 kg/hl. Die drie grade se minimum proteïenvlakke is onderskeidelik 12 %, 11 % en 10 %.

Koring met 'n valgetal van minder as 77 kg/hl word

B2, maak nie saak hoe goed die proteïeninhoud is nie.

7 Maart 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot