AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Regte kultivar verminder risiko

Puik prestasies deur verskeie mieliebasters kenmerk die resultate van die jongste mielie-kultivarproewe wat deur die LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG) met die samewerking van koöperasies en die saadbedryf uitgevoer is om betroubare inligting aan die boer te kan voorsien.

Puik prestasies deur verskeie mieliebasters kenmerk

die resultate van die jongste mielie-kultivarproewe wat deur die LNR-Instituut

vir Graangewasse (LNR-IGG) met die samewerking van koöperasies en die saadbedryf

uitgevoer is om betroubare inligting aan die boer te kan voorsien.

Weens die kosteknyptang waarin gewasverbouing hom bevind, moet die boer sover moontlik sy boerderyrisiko verminder. Een manier om dit te doen, is om seker te maak hy plant die regte kultivars.

Die LNR-IGG en sy vennote in die landbou en saadbedryf doen elke jaar kultivarproewe in verskillende dele van die land om bestaande en nuwe kultivars te evalueer. Hierdie resultate word verwerk en in 'n handleiding, die Mielie-inligtinggids, vervat. Die jongste uitgawe, MIG 2002, het onlangs die lig gesien.

In die handleiding sê dr. John Purchase, adjunk-direkteur van die LNR-IGG, dat dít 'n onmisbare bron van relevante en wetenskaplike inligting vir mielieboere is.

Die regte kultivarkeuse kan 'n belangrike bydrae lewer om boerderyrisiko te verminder en is dus 'n belangrike deel van sy produksiebeplanning. Kultivars verskil van mekaar. Elkeen het dus 'n eiesoortige aanpasbaarheid en opbrengspotensiaal.

Dr. Purchase sê oessekerheidswaarde is 'n goeie hulpmiddel by kultivarbeplanning. 'n Kultivar se oessekerheidswaarde by 'n sekere potensiaal is die minimum opbrengs wat dit in nege uit tien gevalle kan behaal. Dit neem die opbrengsgeneigdheid, gemiddelde opbrengs en stabiliteit in ag.

Die bygaande tabelle toon die oessekerheidswaardes by verskillende potensiaaltoestande en die verskillende kultivars se gemiddelde opbrengs in die proewe.

Die tabelle verskaf inligting oor die kultivars wat die beste in die proewe gevaar het. Landbouweekblad het hierdie seleksie net op grond van die gemiddelde opbrengste gedoen. Die lys van die beste presteerders by 'n spesifieke opbrengspotensiaal kan dus hiervan verskil. Daarom is dit belangrik om die volledige data in MIG 2002 vir kultivarkeuse of aanbevelings te gebruik.

Die kultivarproewe is sover moontlik in streke verdeel. Waar die LNR voldoende inligting oor 'n betrokke kultivar het, is drie seisoene se inligting saamgevoeg. Andersins is inligting oor nuwer kultivars afkomstig van die data van een of twee jaar se proewe.

Om voldoende betroubare inligting te verskaf, is van die

koöperatiewe gebiede saamgevoeg. Die proewe van die Noord-Transvaalse

Koöperasie, NWK en Suidwes Landbou is saamgevoeg. Daar was voldoende

proefinligting vir Senwes, OTK (Mpumalanga) en Natalagri se bedieningsgebiede

vir betroubare ontledings. Geen inligting vir die bedieningsgebiede van Vrystaat

Koöperasie, OTK (Vrystaat) en Oos-Vrystaat Kaap Bedryf was beskikbaar nie, omdat

daar die afgelope seisoen nie statisties aanvaarbare proewe vir diegebiede was

nie.

Tabel 1 toon dat PAN 6146 die beste gemiddelde opbrengs met

geel mielies onder droëlandtoestande (4,12 t/ha) in die gebiede van die

Noord-Transvaalse Koöperasie, NWK en Suidwes Landbou behaal het. Nuwe kultivars

wat hier goed gepresteer het, is PAN 6734 (4,41 t/ha), waarvan twee seisoene se

proewe reeds gedoen is, en PAN 6844 (4,40 t/ha) in die geval van proewe wat nog

net 'n enkele seisoen gedoen is.

In die Senwesgebied was CRN 3760 (5,36 t/ha) die toppresteerder. In die

proewe oor twee seisoene is dit weer PAN 6734 (5,42 t/ha) wat groot moontlikhede

toon en in die proewe oor een seisoen het die kultivar PAN 6844 met 3,77 t/ha

die beste gevaar.

In OTK se Mpumalanga-gebied het PAN 30H22 uitsonderlik goed gepresteer, met

'n gemiddeld van 7,16 t/ha. Onder die kultivars wat vir twee seisoene geplant is, was LS 8502 met 5,72 t/ha die beste en in die eenjarige proewe het SNK 2972 met 6,40 t/ha die aandag getrek.

In Natalagri se gebied was PAN 6568 met 'n uitmuntende 8,07 t/ha die toppresteerder. In proewe met kultivars wat nog net twee keer geplant is, was QS 7608 met 7,16 t/ha en LS 8502 met 7,12 t/ha die beste. In proewe oor een jaar het SNK 2972 die hoogste gemiddelde opbrengs van 7,07 t/ha gehad.

TABEL 1: Die beste geelmieliekultivars op droëland. Die inligting is van
minstens drie seisoene
Kultivar

Opbrengspotensiaal

Gemid.
opbrengs
(t/ha)

Helling van
regressie-
lyn1

D2-waarde
(Opbrengs-
stabiliteit

2 t/ha 3 t/ha 4 t/ha 5 t/ha
Suidwes Landbou, NWK en Noord-Transvaalse Koöperasie
CRN 3760 1,572,65 3,73 4,81 4,04 1,08 0,1228
PAN 6146 1,512,66 3,81 4,95 4,12 1,15 0,1249
PAN 6568 1,55 2,55 3,55 4,56 3,941,00 0,1511
SNK 2472 1,752,64 3,54 4,443,95 0,90 0,1600
SNK 2626 1,882,80 3,71 4,634,04 0,92 0,1157
SNK 2682 1,712,67 3,62 4,58 3,91 0,96 0,0980
Senwes
CRN 3760 0,98 2,07 3,16 4,255,36 1,09 0,5658
PAN 6146 1,68 2,71 3,744,77 5,34 1,030,1396
PAN 6256 1,40 2,473,54 4,61 5,22 1,070,1607
PAN 6364 1,32 2,393,45 4,51 5,121,06 0,1604
SNK 2472 1,54 2,573,59 4,62 5,22 1,030,1556
SNK 2626 1,53 2,543,55 4,56 5,24 1,01 0,1994
OTK (Mpumalanga)
CRN 3604 2,01 2,82 3,624,43 6,590,80 0,5720
CRN 3760 0,90 2,08 3,274,45 6,621,18 0,1674
PAN 6568 1,33 2,27 3,21 4,16 6,520,94 0,5914
PAN 30H22 1,632,69 3,75 4,81 7,16 1,060,4173
PHB 3442 2,09 2,83 3,574,30 6,520,74 0,7412
SNK 2472 1,262,25 3,24 4,236,59 0,99 0,5261
SNK 2682 1,37 2,383,40 4,416,57 1,01 0,3075
Natalagri
CRN 3760 1,62 2,53 3,45 4,36 7,220,91 0,5933
PAN 6414 0,82 1,92 3,02 4,127,35 1,100,6095
PAN 6480 0,83 1,90 2,984,05 7,17 1,070,5315
PAN 6568 1,56 2,713,85 4,99 8,07 1,14 0,3734
SNK 2778 1,45 2,43 3,41 4,407,37 0,980,5694
1 = Opbrengsgeneigdheid kan van die helling van die regressielyn afgelei word.

Tabel 2 het besonderhede van die beste wit mielies op

droëlande. Die baster wat die aandag die meeste trek, is CRN 3549, wat die

hoogste gemiddelde opbrengste in ál die bedieningsgebiede, behalwe Natalagri,

behaal het. Twee van die nuwer kultivars op die mark, SNK 2969 en CRN 3505, het

ook feitlik oral puik gepresteer.

In die bedieningsgebiede van die Noord-Transvaalse Koöperasie, NWK en Suidwes

Landbou het CRN 3549 (4,15 t/ha) die hoogste gemiddelde opbrengs behaal in die

proewe wat oor drie seisoene gestrek het. In die geval van kultivars wat nog net

vir twee seisoene beproef is, het SNK 2969 (4,20 t/ha) die beste gevaar en in

proewe wat oor een seisoen gestrek het, was CRN 3505 (4,07 t/ha) die beste

nuweling.

In Senwes se gebied was CRN 3549 se gemiddelde opbrengs van 5,41 t/ha die

beste. In die proewe waar kultivars nog net twee seisoene geplant is, was SNK

2969 met 4,80 t/ha die beste presteerder en in die proewe wat nog net een keer

gedoen is, het CRN 3505 met 4,13 t/ha goed gevaar.

Die witmieliekultivar wat in OTK (Mpumalanga) se gebied die beste was, is CRN

3549 (6,96 t/ha). Onder die kultivars wat nog net vir twee seisoene geëvalueer

is, was PHB 3203 met 6,26 t/ha die beste en onder die proewe wat nog net een

keer gedoen is, het twee kultivars, CRN 3505 (6,81 t/ha) en PHB 30G03 (6,80

t/ha), baie goed gevaar.

In die Natalagri-gebied het PAN 6573 met gemiddeld 7,62 t/ha uitgetroon. In die proewe met kultivars wat nog net vir twee jaar geëvalueer is, was PAN 6777 met 8,09 t/ha die beste en van die kultivars wat nog net 'n enkele keer getoets is, het SC 709 met 7,11 t/ha die beste gevaar.

TABEL 2: Die beste witmieliekultivars op droëland. Die inligting is van
minstens drie seisoene
Kultivar

Opbrengspotensiaal

Gemid.
opbrengs
(t/ha)

Helling van
regressie-
lyn1

D2-waarde
(Opbrengs-
stabiliteit

2 t/ha 3 t/ha 4 t/ha 5 t/ha
Suidwes Landbou, NWK en Noord-Transvaalse Koöperasie
CRN 3549 1,50 2,56 3,63 4,69 4,15 1,06 0,2503
PAN 6043 1,28 2,38 3,47 4,56 3,84 1,09 0,1524
PAN 6243 1,22 2,273,32 4,37 3,82 1,05 0,2289
PAN 6335 1,28 2,34 3,404,46 3,841,06 0,1886
PAN 6573 1,582,63 3,69 4,74 4,04 1,06 0,1407
PAN 6633 1,40 2,52 3,64 4,763,89 1,12 0,0945
Senwes
CRN 3549 1,31 2,48 3,644,80 5,41 1,160,1562
PAN 6335 1,16 2,22 3,28 4,345,23 1,06 0,3529
PAN 6573 1,32 2,33 3,34 4,35 5,02 1,01 0,1981
PAN 6615 1,70 2,613,53 4,44 5,07 0,910,1732
PAN 6633 1,49 2,46 3,44 4,42 5,13 0,98 0,2235
OTK (Mpumalanga)
CRN 3549 1,212,32 3,43 4,556,96 1,11 0,4226
PAN 6335 0,00 0,23 1,62 3,00 6,37 1,38 1,1271
PAN 6573 1,05 2,03 3,00 3,98 6,35 0,97 0,5595
PAN 6615 1,21 2,18 3,14 4,116,29 0,97 0,3858
PAN 6633 1,59 2,503,40 4,31 6,340,91 0,3254
Natalagri
PAN 6243 0,16 1,39 2,623,86 7,531,23 0,8170
PAN 6335 0,53 1,692,84 4,00 7,33 1,16 0,5871
PAN 6479 1,54 2,52 3,494,46 7,160,97 0,3241
PAN 6573 0,44 1,59 2,743,89 7,621,15 1,1225
PAN 6615 0,57 1,65 2,733,81 6,861,08 0,4493
PAN 6633 1,55 2,50 3,444,39 6,860,94 0,2064
1 = Opbrengsgeneigdheid kan van die helling van die regressielyn afgelei word.

Die besproeiingskultivars is afsonderlik geëvalueer. Tabel 3 het die besonderhede van al die geel kultivars wat al drie seisoene lank getoets is, terwyl tabel 4 die wit kultivars se inligting bevat.

Die beste geel kultivar was CRN 3760, wat gemiddeld 9,20 t/ha opgelewer het. Onder die nuwer kultivars was die beste presteerders QS 7608 met 8,35 t/ha (oor twee seisoene) en PAN 6730 met 9,19 t/ha (oor een seisoen).

TABEL 3: Die beste geelmieliekultivars onder besproeiing. Die inligting is van
minstens drie seisoene
Kultivar

Opbrengspotensiaal

Gemid.
opbrengs
(t/ha)

Helling van
regressie-
lyn1

D2-waarde
(Opbrengs-
stabiliteit

8 t/ha 9 t/ha 10 t/ha
CRN 3414 6,61 7,678,74 8,61 1,06 1,1142
CRN 3604 7,03 8,07 9,11 8,691,07 0,6792
CRN 3760 7,79 8,84 9,899,20 1,05 0,4148
PAN 6146 7,16 8,20 9,23 8,631,03 0,4765
PAN 6242 6,93 7,87 8,818,64 0,94 0,7985
PAN 6364 6,79 7,78 8,768,28 0,98 0,5252
PAN 6414 6,867,90 8,93 8,38 1,03 0,5334
PAN 6480 5,99 6,93 7,88 7,900,95 1,0648
PAN 6568 7,39 8,34 9,29 8,78 0,95 0,4429
PHB 30H22 7,09 8,16 9,22 8,91 1,070,8589
PHB 3442 6,60 7,66 8,728,34 1,060,7696
SNK 2472 7,18 8,15 9,128,67 0,970,5297
SNK 2682 7,248,15 9,058,81 0,90 0,6457
SNK 2778 7,258,10 8,958,66 0,850,5142
1 = Opbrengsgeneigdheid kan van die helling van die regressielyn afgelei word.

Onder die wit kultivars (tabel 4) het PAN 6335 weer eens sy veelsydigheid getoon deur die hoogste gemiddelde opbrengs van 8,96 t/ha te lewer. Diebaster was ook in die droëlandproewe in al die koöperasiegebiede onder die beste vyf kultivars.

Onder die kultivars waarvan proefsyfers vir twee jaar beskikbaar is, het PHB 3203 met gemiddeld 9,36 t/ha die beste gepresteer, terwyl PHB 30G03 met 9,59 t/ha die beste produseerder was onder die kultivars waarvan nog net een jaar se proefinligting bekend is.

TABEL 4: Die beste witmieliekultivars onder besproeiing. Die inligting is van
minstens drie seisoene
Kultivar

Opbrengspotensiaal

Gemid.
opbrengs
(t/ha)

Helling van
regressie-
lyn1

D2-waarde
(Opbrengs-
stabiliteit

8 t/ha 9 t/ha 10 t/ha
CRN 3549 7,44 8,34 9,23 8,66 0,90 0,3205
PAN 6243 6,016,94 7,87 7,99 0,93 1,1809
PAN 6335 7,24 8,32 9,39 8,961,07 0,7371
PAN 6479 6,29 7,36 8,447,95 1,07 0,6654
PAN 6573 5,66 6,64 7,62 8,110,98 1,9520
PAN 6615 5,67 6,76 7,847,64 1,08 1,0515
PAN 6633 7,08 8,10 9,12 8,78 1,02 0,7406
SNK 2721 6,19 7,26 8,34 8,031,07 0,8882
1 = Opbrengsgeneigdheid kan van die helling van die regressielyn afgelei word.

Die LNR het ook die resultate ontleed van proewe met mieliekultivars wat 'n

kort groeiseisoen het. In die proewe met droëlandmielies het PAN 6710 met

gemiddeld 6,57 t/ha die beste prestasie gelewer. Tabel 5 het

die besonderhede. SNK 2021 en PHB 3203 is witmieliekultivars en die ander is

almal geel kultivars.

In die geval van basters wat nog net twee seisoene lank geëvalueer is, het

SNK 2900 met 6,02 t/ha die beste gevaar, en onder die basters wat nog net een

keer getoets is, was PAN 6929 met 7,16 t/ha die beste.

Die kort groeiers het só onder besproeiing gevaar: DK 618 (gemiddeld 9,28

t/ha), NS 5004 (7,14 t/ha), PAN 6710 (10,17 t/ha), PAN 6804 (9,65 t/ha), PHB 3203 (9,46 t/ha), PHB 3394 (10,06 t/ha), PHB 33V08 (9,30 t/ha), SNK 2021 (8,81 t/ha). Die beste baster wat net twee seisoene geëvalueer is, was PHB 31B13, met 'n puik 12,07 t/ha, terwyl die beste kultivar wat nog net een seisoen getoets is, PHB 32A03 met 'n uitmuntende 13,40 t/ha was.

Opbrengsgeneigdheid kan van die helling van die regressielyn afgelei word

TABEL 5: Mielies met 'n kort groeiseisoen op droëland. Die inligting is van
minstens drie seisoene
Kultivar

Opbrengspotensiaal

Gemid.
opbrengs
(t/ha)

Helling van
regressie-
lyn1

D2-waarde
(Opbrengs-
stabiliteit

5 t/ha 6 t/ha 7 t/ha 8 t/ha 9 t/ha 10 t/ha
DK 618 4,76 5,81 6,82 7,78 8,73 9,65 5,94 1,04 0,1971
NS 5004 3,59 4,36 5,10 5,80 6,49 7,16 4,50 0,77 0,9554
PAN 6710 4,95 6,18 7,33 8,41 9,45 10,46 6,57 1,21 0,9928
PAN 6804 4,87 6,06 7,21 8,31 9,39 10,46 6,16 1,18 0,5145
PHB 3394 4,62 5,57 6,47 7,34 8,19 9,03 5,68 0,94 0,1070
PHB 33V08 4,36 5,38 6,34 7,26 8,15 9,03 5,59 1,01 0,1608
SNK 2021 4,75 5,72 6,65 7,56 8,44 9,31 5,81 0,96 0,0736
1=

Inligting oor kultivars is baie belangrik vir die mielieboer wanneer hy vir die volgende seisoen moet beplan. Nogtans rus die onus op die boer om nuwe kultivars eers op sy plaas te evalueer voordat hy dit op groot skaal verbou en van beproefde kultivars afsien.

Navrae: Mnr. Jéan du Plessis, LNR-Instituut vir Graangewasse, Privaatsak X1251, Potchefstroom 2520. Tel. 018 299 6100; faks 018 294 7146; e-pos: jean @igg2.agric.za

 

Riglyne vir beplanning
Moenie 'n

staatmaker-kultivar binne een seisoen met 'n nuwe of onbekende kultivar vervang

nie.

Kultivarverskeidenheid versprei risiko. Plant 'n reeks kultivars waarvan die

groeiseisoenlengte en eienskappe van mekaar verskil.

Kultivars moet by 'n spesifieke opbrengspotensiaal

aangepas wees, maar moet in staat wees om hoër potensiaaltoestande te benut en

'n aanvaarbare opbrengs by laer potensiaaltoestande te lewer. Kultivars met 'n wye aanpassingsvermoë kan hier 'n rol speel. Kultivarkeuse

moet dus elke jaar hersien word.

 

Maak só korrekte keuse
Die prosedure wat

die boer moet volg om die regte kultivars vir sy toestande te kies, is om te

besluit vir watter opbrengspotensiaal hy mik. Dan moet hy die

oessekerheidstabelle raadpleeg en by sy gekose opbrengspotensiaal (byvoorbeeld 2

t/ha of 3 t/ha) die kultivars met die hoogste oessekerheidswaardes kies. Hierdie

kultivars gee vir die boer die beste kans op 'n stabiele, suksesvolle

opbrengs.

Daarna moet hy kyk na die helling van die regressielyn waarvan die

opbrengsgeneigdheid afgelei kan word (die kolom naasregs in bygaande tabelle).

As die helling groter as 1,0 is, dui dit op 'n kultivar met 'n hoër potensiaal

en as dit kleiner as 1,0 is, dui dit op 'n kultivar met 'n laer potensiaal. 'n

Waarde ná aan of gelyk aan 1,0 dui aan dit is 'n wyd aangepaste kultivar.

Laastens volg die opbrengsstabiliteit, wat deur die D2-waarde aangedui word. Hoe meer dit na nul neig, hoe meer stabiel en voorspelbaar is die kultivar se opbrengs. Hoe groter die waarde, hoe meer sal die opbrengs tussen seisoene wissel. Die boer kan die laaste twee kolomme dus gebruik om sy kultivarkeuse verder te verfyn.

Inligting oor kultivars is baie belangrik vir die mielieboer wanneer hy beplanning vir die volgende seisoen moet doen. Die onus rus egter op die boer om nuwe kultivars eers op sy plaas te evalueer voordat hy dit op groot skaal verbou.

12 Julie 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.28
+0.6%
Rand - Euro
17.39
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.67
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,632.13
-0.7%
Silwer
18.66
-1.1%
Palladium
2,057.50
-0.8%
Platinum
857.00
-0.2%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot