AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Regte oestegniek besorg meer geld uit kanola

Kanola moet, vandat dit gesaai word tot oestyd, reg bestuur word om die heel beste opbrengs te bepaal. Onegalige ontkieming en groen pitte is twee van die vernaamste probleme wat tot oes- en inkomsteverliese lei.

Die onegalige ontkieming van kanola kan meestal toegeskryf word aan onakkurate saadplasing en onvoldoende grondvog in die planttyd. In baie gevalle neem die saad twee tot drie weke om te ontkiem. Die regstreekse gevolg hiervan is dat plante onegalig ryp word - iets wat oesprobleme en verliese veroorsaak, sê mnr. Jannie Bruwer, akkerboukundige van Sentraal-Suid Koöperasie op Swellendam.

Dit beklemtoon die belangrikheid daarvan om kanolasaad te vestig terwyl die grond vogtig is. As die grond vogtig is, sal die saad ewerediger ontkiem en sal die peule (saad) meer eweredig ryp word. Platsny help gewoonlik om verliese wat onegalige opkoms veroorsaak, te beperk, maar dit los nie die probleem op nie.

Mnr. Bruwer vermoed talle boere is nog onseker oor presies wanneer om plat te sny. Die ideale tyd is wanneer 40 % tot 70 % van die saad al verkleur het. Die voginhoud van die saad is dan gewoonlik 30 % tot 40 %. Die kleurverandering van die saad kan deur gereelde monsterneming bepaal word.

Minstens 100 peule moet versamel word. Die peule moet verteenwoordigend van die hele land wees. Produsente moet in gedagte hou dat die boonste en onderste peule in verskillende stadiums van rypwording is. Monsterneming kan 15 dae ná blomtyd begin. Slegs die sade wat van groen na óf geel óf bruin óf swart verkleur, word getel.

Die snyhoogte wat hy aanbeveel, is net onder die laagste peule. Dit beperk die hoeveelheid plantmateriaal wat deur die stroper gaan. Die hoogte verseker dat die platgesnyde plante in die mikke van die steeds staande stamme lê waar hulle nie maklik sal afsak nie. Sulke windrye verbeter die lugvloei aansienlik sodat optimale droging bewerkstellig word.

Wanneer kanola in die optimum stadium platgesny word, word die hoogs moontlike olie-opbrengs verkry en verliese tot die minimum beperk. As te vroeg platgesny word, kan saadgrootte, olie-inhoud en opbrengs in die algemeen nadelig geraak word.

Indien 'n boer ná die optimum tyd moet platsny, kan verliese beperk word deur snags plat te sny of wanneer lugvogtigheid hoog is, soos nadat dit gereën of gedou het. Afhangend van die weer kan die kanola waarskynlik al vanaf 21 dae tot 25 dae ná blomtyd platgesny word.

Die einde van blomtyd word meestal beskou as daardie tydstip wanneer nog net die laaste 10 persent van die plante in blom is, of wanneer die land net 'n liggeel skynsel het. Die graan kan gedors word 5 dae tot 12 dae nadat dit platgesny is.

Die regte stroperinstelling kan ook verliese beperk. Die taak word dikwels afgeskeep of oor die hoof gesien - iets wat tot groot verliese lei. Mnr. Bruwer beveel aan dat die stroper volgens die aanwysings vir raapsaad ingestel word.

Die drom- en windsnelheid word op sowat die helfte tot twee derdes van dievir koring gestel. 'n Tehoë dromspoed neig om kanolasaad stukkend te slaan. Dit kan ook veroorsaak dat te veel fyn materiaal deurglip en die gradering benadeel.

Met die optel van kanola in windrye nadat dit platgesny is, moet die opteltafel so horisontaal as moontlik gestel wees om die windry so min as moontlik te versteur. "Boere kan gerus probeer om die opteller en die grondsnelheid van die stroper deurgaans dieselfde te hou."

Omdat kanola maklik uit die peul dors en gevolglik nie baie wrywing verg nie, moet die konkaaf drie tot vier verstellings wyer as by kleingrane gestel word. Die sifopeninge moet vir kanola se kleiner saad aangepas word. Die boonste sifopening behoort sowat 10 mm en die onderste 5 mm of minder te wees. Die sifopeninge kan aangepas word na gelang van die hoeveelheid vreemde materiaal wat aanwesig is.

Boere moet

ook in gedagte hou dat kanolasaad, soos water, by enige opening uitvloei. Alle

graanbakke moet dus deeglik vir moontlike lekplekke nagegaan word.

Hou rekening met groen

pitte

Groen pitte is 'n probleem waarmee die kanolabedryf rekening sal moet hou. In die oesjaar 2002 het soveel as 20 % van die gelewerde oes meer as die aanvaarbare persentasie groen pitte gehad, sê mnr. Henk de Beer, assistenthoofbestuurder (produkte en landboudienste) van Sentraal-Suid Koöperasie op Swellendam.

Die voorkoms van groen pitte in kanola behoort nie 4 % te oorskry nie. Wanneer dit gebeur, word die gehalte van die kanola-olie benadeel, iets wat voornemende kopers afskrik. Internasionaal is die perk selfs minder as die plaaslike 4 %.

Mnr. De Beer hoop verlede jaar se probleme met groen pitte was net 'n tydelike verskynsel. Die instelling van 'n bykomende gehalte-graad sal oorweeg moet word as die probleem blywend is. Die prys van sulke kanolasaad sal noodwendig laer wees om te vergoed vir die bykomende koste om die chlorofil te verwyder.

Groen pitte kom in kanolasaad voor wanneer chlorofil dermate in die saad vasgelê word dat fisiologiese rypwording bykans onmoontlik geword het.

Die toestand ontstaan dikwels wanneer volwasse kanolaplante onder stres kom weens rypskade en/of 'n verlaagde vogstatus wat deur warm, droë toestande aangehelp word. Te vroeg platsny, siektes en sekere kultivareienskappe is van die ander faktore wat ook tot groen pitte kan lei.

Soos met ryp, droog plante tydens warm en droë toestande te vinnig af en veroorsaak dit dat chlorofil in die saad vasgelê word. Gewoonlik word kanola platgesny wanneer die voginhoud van die saad 30 % tot 40 % is. As die voginhoud bo 20 % is, verdwyn die chlorofil vanself danksy die werking van 'n bepaalde soort ensiem.

Verlede jaar is baie kanola in warm en winderige toestande platgesny. Dit het daartoe gelei dat die voginhoud skerp gedaal het van 'n taamlik hoë 30 % tot onder 10 %. Daardeur is die gewone rypwordingsproses óf totaal gestaak óf minstens vertraag.

Die tersaaklike ensiem benodig meer as 10 % vog om chlorofil te neutraliseer. Saadrespirasie sowel as ensiem-aktiwiteit neem af sodra die voginhoud van die saad onder 20 % daal.

Mnr. De Beer sê daar is net een uitweg vir boere om die probleem te oorkom. As toestande heers wat groen pitte aanhelp, moet kanola langer laat staan word voor dit platgesny word, of die windrye moet langer lê. Hoe dit ook al sy, boere sal moet fyn trap en 'n balans vind aangesien te laat platsny oesverliese kan veroorsaak.

Reën of swaar dou kan saadvog laat toeneem en sodoende ensiemwerking weer aan die gang kry met 'n gepaardgaande afname in die voorkoms van groen pitte. Boere kan dus die natuur gebruik om die probleem te verminder. Verlede jaar was daar in die oestyd geen reën wat die probleem kon help voorkom het nie, sê mnr. De Beer.

26 September 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot