AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Riglyne vir die bestuur van valgetal

Die wisselvalligheid van die valgetal by koring kan binne perke beheer word, maar omdat soveel faktore betrokke is, is dit 'n uiters moeilike taak.

Die wisselvalligheid van die valgetal by koring kan

binne perke beheer word, maar omdat soveel faktore betrokke is, is dit 'n uiters

moeilike taak.

Valgetal, die eienskap van koring wat boere die afgelope paar jaar die harnas in jaag en baie geld kos, is nie net die gevolg van uitloop in die aar nie. Wêreldwye navorsing het reeds bewys dat verskeie faktore die valgetal kan beïnvloed.

Twee navorsers van die Kleingraaninstituut (KGI) in Bethlehem, mee. Maryke Craven en Annelie Barnard, sê deur die regte bestuur kan boere seker maak dat die risiko van 'n lae valgetal in 'n mate beperk word. Hoewel die valgetal nie noodwendig die gevolg van uitloop is nie, is die plant van kultivars met weerstand teen uitloop 'n eerste stap om 'n hoë valgetal te verseker.

As die oorheersende faktor binne die omgewingseffek vir 'n spesifieke jaar hoër of ontydige reënval is, is dit voordelig om koring met uitloopweerstand op die land te hê. Hoewel só 'n kultivar nie met die eerste reënbui sal uitloop nie, is dit egter nie 'n waarborg dat die koring glad nie sal uitloop in die geval van aanhoudende reën nie. Geen kultivar kan onbeperk weerstand bied nie.

Een van die belangrikste stappe in die voorkoming van 'n onnodig lae valgetal, is om koring te stroop as dit fisiologies ryp is. Dit beteken dat koring nie te vroeg gestroop moet word nie en eerder op die land gelaat moet word om natuurlik droog te word. Korrelvog speel dus 'n uiters belangrike rol.

Alfa-amilase word in verband gebring met uitloop (dus 'n lae valgetal), maar min boere besef dat graan van bestuiwing tot afdroging drie verskillende alfa-amilase iso-ensieme produseer. Iso-ensieme is ensieme wat volgens hul struktuur effens van mekaar verskil, maar dieselfde funksie verrig. Die sogenaamde alfa-AMY-1 iso-ensiem word hoofsaaklik tydens ontkieming geproduseer. Wanneer koring op die land uitloop, is hierdie ensiem verantwoordelik vir lae valgetal.

Die tweede iso-ensiem, alfa-AMY-2, kom op 'n baie kleiner skaal ook tydens ontkieming voor, maar word hoofsaaklik in die perikarp van groen ontwikkelende korrels aangetref. In dievegetatiewe fase kom die derde iso-ensiem, alfa-AMY-3, ook op 'n kleiner skaal voor.

Hierdie perikarp-alfa-amilase (alfa-AMY-2 en alfa-AMY-3) word gewoonlik geleidelik minder namate die korrel volwasse word, totdat dit uiteindelik heeltemal afwesig is wanneer die graan ryp genoeg is vir stroop.

Navorsing het reeds bewys dat die perikarp-amilase 'n besliste invloed op die valgetal van koring het. Die gevaar bestaan dus dat as koring te vroeg gestroop word, die perikarp-ensieme nog nie ten volle tot niet gegaan het nie.

Korrelvog word algemeen gebruik as 'n maatstaf van die rypheid by koring. In die 2001/2002-seisoen is navorsing gedoen oor die invloed van korrelvog op die valgetal. Om te verseker dat die ware korrelvoginhoud bepaal is en nie dievan die korreloppervlak nie, is die vog van die heel korrel gemeet sowel as die voginhoud van die meel nadat elke monster gemaal is. 'n Brabender-vogmeter, wat hoë vog in meel baie akkuraat kan bepaal, is in die studie gebruik.

Slegs drie kultivars, Tugela-DN, Gariep en Elands, is in die studie gebruik. Goeie valgetalle is weer aangeteken ondanks 'n hoë voginhoud. Die studie het egter bewys dat die valgetal toeneem namate die korrelvog van die graan afneem (sien figuur).

Die invloed van die korrelvog-inhoud op die valgetal-prestasie het ook tussen kultivars verskil. Dit blyk dat Elands se valgetal met verskillende voginhoude stabieler is as dievan Tugela-DN en Gariep. Hierdie studie sal in die komende seisoen herhaal word om die inligting wat verkry is, te bevestig. Meer kultivars sal ingesluit word om nog kultivar-effekte te bepaal.

Die belangrikste bevinding in dienavorsing is dat dit die beste opsie is om graan op die land te laat droog word as die weer dit toelaat. Dit sal verseker dat die koring, ongeag die seisoen, tot sy volle potensiaal ontwikkel en die beste valgetal lewer.

Navorsing word wêreldwyd gedoen oor die invloed van stikstofbemesting op die valgetal. Heelwat meningsverskil bestaan egter oor die invloed van bemesting op die valgetal.

Die redenasie agter stikstofbemesting is dat dit die graan se volwassewording rem, terwyl 'n afname in alfa-amilase-aktiwiteit met 'n toename in stikstofbemesting ook al gevind is. In sekere gevalle was die valgetal egter laag omdat die koring weens sterk vegetatiewe groei omgeval het ná die oormatige bemesting.

In die 2001/2002-seisoen het die KGI in 'n voorlopige studie vasgestel dat stikstof die valgetal van sommige kultivars kan verbeter. Die meeste kultivars het nie met meer stikstof verbeter nie, terwyl ander heelwat beter gevaar het. Dieseisoen was besonder gunstig vir die valgetal en baie min gevalle van lae valgetalle is waargeneem. In 'n swak valgetaljaar, wanneer meer kultivars lae valgetalle het, kan die onderskeie kultivars dalk beter reaksie op die stikstofbemesting toon. Die proef word in die 2002/03-seisoen herhaal om te bepaal of die verskynsel kultivar-gebonde is.

In die geval van plantdatum is koue- en rypskade van belang. Soos wat dr. Sierk Ybema van Ybema-graandienste bevind het (Valgetalverslag, April 2001), gee ernstige rypskade aanleiding tot 'n lae valgetal.

Koue beïnvloed die ontwikkeling van die endosperm. Die endosperm vorm die grootste deel van die korrel en kan beskou word as die opbergplek van voedingstowwe wat in latere stadia deur die ontkiemende plant benut kan word. Die meel wat dus uit die koringkorrel geëkstraheer word, kom van die endosperm.

Hektolitermassa en die duisendkorrelmassa word deur die ontwikkeling van die endosperm bepaal. As die duisendkorrelmassa kleiner as 32 g is, is dit 'n aanduiding dat die korrels nie normaal ontwikkel het nie. Omdat valgetal met die toestand van die stysel in die endosperm te doen het, bepaal die ontwikkelingstadium waarin die ryp voorgekom het, waarskynlik die invloed wat rypskade op die valgetal het. Dit is nie duidelik in watter stadia koring die sensitiefste vir koue is nie. Om die invloed van koue te beperk, moet kultivars nie buite hul aanbevole plantdatums geplant word nie.

Dit is bewys dat die valgetal in sommige gevalle met die opberging van koring verbeter. Koring met 'n valgetal van 200 s sal waarskynlik tot 220 s en hoër verbeter. 'n Valgetal van 150 s en laer sal nie sommer tot 220 s verbeter nie.

Wanneer koring egter te vroeg gestroop word, slaag opberging nie altyd nie. Die moontlikheid bestaan dat die alfa-AMY-2 iso-ensiem tydens droging vernietig word. Na raming word die ensiem met 35 % tot 70 % verminder met opberging. Dit gaan dus nie in sy geheel tot niet met opberging nie. As genoeg van die alfa-AMY-2-ensiem teenwoordig is, sal sommige daarvan tot niet gaan, maar die hoeveelheid van die ensiem wat oorbly, sal 'n uitwerking op die valgetal hê.

Omdat groen korrels dus baie alfa-AMY-2 bevat, sal hulle ná droging-en opberging steeds baie van die ensiem bevat in vergelyking met volwasse korrels. Die finale valgetal ná opberging sal in so 'n geval dan bepalend wees van die ensiemaktiwiteit en die mate waartoe die onvolwasse korrels "deur volwasse korrels tydens monsterneming "verdun" word.

Hoewel gevalle van 'n lae valgetal ná hael voorkom, bestaan daar geen navorsing wat dit kan bevestig nie. In 'n studie in Switserland is egter bevind dat lae valgetalle verkry is deur bloot die aarstele net onder die aar te "knak". Dit wil dus voorkom of meganiese skade wel die valgetal kan beïnvloed.

Hoewel bogenoemde maatstawwe nie 'n goeie valgetal kan waarborg nie, sal dit wel verhoed dat as 'n lae valgetal verkry word, dit nie die boer se skuld is nie. Inligting oor die aanbevole plantdatums vir kultivars in al die produksiegebiede van Suid-Afrika en die onderskeie kultivareienskappe is beskikbaar in die kultivarhandleiding wat jaarliks deur die KGI vrygestel word. Enige navrae oor valgetal kan aan me. Maryke Craven by 058 307 3418 gerig word. Die navorsing oor valgetal is moontlik gemaak deur die finansiële bystand van die Wintergraantrust en die LNR. 13 September 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot