AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

SA boere op die regte pad met sojabone

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Soja in oorvloed. Dit is onwaarskynlik dat daar genoeg uitvoer­kapasiteit sal wees vir die seisoen se oorlaatvoorraad sojabone. FOTO: WERNER ROSSOUW
Soja in oorvloed. Dit is onwaarskynlik dat daar genoeg uitvoer­kapasiteit sal wees vir die seisoen se oorlaatvoorraad sojabone. FOTO: WERNER ROSSOUW
’n Jong boer van Brasilië het boere van Suid-Afrika op Graan SA se kongres verseker dat boere se probleme universeel is, maar ook dat Suid-Afrika se boere van die bestes is.

Van die land se voorste graanboere en ’n graanboer van Brasilië het op Graan SA se kongres raad met boere gedeel oor hoe om hul boerderye op die regte pad te probeer hou namate die resessiespook internasionaal en plaaslik loop.

Mnr. Giovanni Parzianello is ’n graanboer van Brasilië. Sy familie boer op sowat 27 000 ha met mielies en sojabone. Hulle pas dubbele produksie tydens hul somerseisoen toe. “Ons plant in September reeds ons sojabone aan, en namate ons dit stroop, loop die planter agter die stroper om mielies te plant. Ons mielies moet reeds goed gevestig wees teen Januarie/Februarie. Ons reën kom gewoonlik van September tot April voor.”

Parzianello reken Suid-Afrikaanse boere is op ’n wenpad met die toename in die produksie van sojabone. Volgens die jongste oesskatting is die geskatte oppervlakte onder sojabone 1,148 miljoen ha, wat 223 000 ha (24%) meer is as die vorige seisoen. Die oesskattingskomitee het volgens die eerste produksieskatting van die seisoen aangedui die beraamde sojaboonoes kan 2,652 miljoen ton wees, wat 421 680 ton meer is as die vorige seisoen.

“Julle is in ’n beter posisie as ons om sojabone aan byvoorbeeld China te verskaf. China kom tans al die pad na Brasilië toe om sojabone te kry, maar julle is die helfte nader. Indië het ook nodig om sy groeiende bevolking te voed en hiervoor is julle ook in ’n goeie posisie. Ek dink julle is op die regte pad,” sê Parzianello. “Ek is ook baie beïndruk met hoe goed julle vaar op sandgrond ten opsigte van produksie. Ek het dit nog nie in Brasilië gesien nie, maar ek gaan dit beslis gaan toets.”

Risikobestuur

Op sy beurt het mnr. AC van Wyk, boer van die distrik Bultfontein en wat in 2017 as Graanprodusent van die Jaar aangewys is, aan die begin van die sessie raad gegee van hoe hy sy boerdery aanpas. Hy het gesê dis belangrik dat jy die lesse wat jy in die verlede geleer het, in ag neem vir elke nuwe oes.

’n Boer moet volgens hom sy risiko bestuur in ooreenstemming met wat sy grond kan lewer, maar ook om vooruit te beweeg. “Kies ’n risikobestuursmodel wat van pas is vir jou loopbaan, boerdery en persoonlikheid. Dis belangrik dat dit ook by jou persoonlikheid pas sodat jy die spanning wat die werk meebring, kan hanteer. “

’n Gelyke tafel

Mnr. André Brink, van Groot Phesantekraal in Durbanville wat in 2022 as Graanprodusent van die Jaar aangewys is, sien sy boerdery as ’n tafel met vier pote en die tafelblad kan net gelyk bly as al vier pote in balans bly. Die een poot verteenwoordig aspekte buite die boer se beheer, soos klimaatsverandering, maar steeds iets wat hy kan probeer bestuur deur byvooreeld vogbestuur toe te pas.

Die tweede poot verteenwoordig alle koste-items soos kunsmis en insetkoste wat goed bestuur moet word, terwyl die derde poot die bedryfskapasiteit van jou plaas of eiendom is – “jy kan net werk met wat jy het, want wat jy het, is wat jy het.”

Die vierde poot is familieboerdery en vir Brink is dit baie belangrik om seker te maak dat kontinïuteit voortduur wanneer die familieboerdery van een geslag na die volgende oorgaan. “Dis gewoonlik ’n stop-start-situasie, maar ek beplan en werk hard daaraan om met my twee seuns nie ’n stop-start-metode te volg nie, dit belemmer die vordering van die boerdery.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die is nie vir bang dames nie, Is jy dapper of mal genoeg ?
Ek loop nie graag heeldag my eie beeld en polish nie, ek verkies dat mense my leer ken en dan self besluit hoekom hulle van my hou of nie hou nie. Nie een van ons is perfek nie,...
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot