AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

SA tabakboere moet Zim-gaping vat

Die dramatiese afname in tabakproduksie in Zimbabwe skep 'n gulde geleentheid vir Suid-Afrika se tabakboere om hul internasionale markaandeel te vergroot. Dit is egter 'n groot uitdaging en dit sal vinnige aanpassings verg.

Dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika se tabakboere bymekaar moet kom en saamstaan. Hulle moet dit doen sodat die behoeftes van die internasionale en plaaslike mark sinvol ontleed en deurdagte aanpassings so vinnig moontlik gedoen kan word. Dit is sinneloos om aan te hou om groot hoeveelhede tabak te produseer sonder dat die behoeftes van die verwerkers in ag geneem word.

Dieraad kom van mnr. Lawry Rickards, besturende direkteur van Zimbabwe Leaf Tobacco, toe hy 'n groot groep boere op die Magaliesburg Koöperatiewe Tabakvereniging (MKTV) se tabakboeredag op Groblersdal toegespreek het.

Hy glo met die regte gehalte en kleur tabak kan Suid-Afrika se tabakbedryf sy internasionale markaandeel vergroot deur die groot gaping wat deur die groot afname in tabakproduksie in Zimbabwe gelaat is, gedeeltelik te vul.

Hy waarsku egter dat die mededinging kwaai is en dat 'n land soos Brasilië klaar groot aanpassings gedoen het. Daarbenewens het dieland, met van die modernste infrastruktuur in die bedryf, 'n stewige vastrapplek gekry en 'n groot deel van Zimbabwe se markaandeel ingepalm.

Maar intussen woel dit ook by MKTV. Altesame 59 nuwe tabakkultivars was op die onderneming se proefplaas te sien, waarvan minstens ses baie belowend lyk om juis dieaanpassings wat in die plaaslike bedryf nodig lyk, te kan doen. Dit kan ook die probleem van plantvrektes en virusdruk oplos, wat die afgelope twee seisoene geweldig toegeneem het.

Mnr. Rickards het gesê Brasilië was baie rats om klaar 'n gedeelte van die 188 000 ton oondgedroogde tabak wat weens die laer produksie in Zimbabwe uit die mark verdwyn het, aan te vul. Dieland het sy produksie binne drie jaar met 192 000 ton opgestoot tot die nagenoeg 600 000 ton wat aanstaande seisoen verwag word.

Daarby doen hy alles moontlik om die gehalte van sy tabak verder te verbeter en 'n gunstiger balans tussen nikotien en suiker te kry. Die prys het ook in dollarwaarde gedaal weens die inflasie in die land. Vanjaar sal Brasilië waarskynlik 63 % van die wêreldmark vir oondgedroogde tabak hê, teenoor die 34 % in 1996.

Om beduidend vordering te maak, sal Suid-Afrika meer oranjekleurige tabak moet produseer en wegbeweeg van die suurlemoentipes wat nou hoofsaaklik gelewer word. Dit is klaar moeilik om suurlemoenkleurige tabak verkoop te kry en dit gaan vorentoe net nóg moeiliker raak.

Die grootste verwerkers van tabak vereis goeie tabak met 'n goeie verspreiding van grade en hulle wil verseker wees dat die produk deurlopend voorsien sal word. Daarbenewens vereis hulle mededingende pryse, moderne verwerkingsgeriewe wat aanpas by hul streng tegniese vereistes en skoon tabak wat vry is van chemiese neerslae. Geneties gemodifiseerde produkte is onaanvaarbaar.

Daarby verkies die meeste van hulle om in vennootskap met boere of tabakhandelaars te werk om sodoende 'n wedersydse vertroue op te bou ten einde gesonde sakeverhoudings te verseker.

Baie van die vervaardigers soek nou na 'n bron om die verlore voorraad uit Zimbabwe te vervang, maar hulle wil nie net op Brasilië staatmaak nie. Daarom brei mnr. Rickards se maatskappy uit in Afrika waar talle kleinboere tabak begin plant het, maar nog nie die vereiste gehalte kan lewer nie.

Volgens hom kan Suid-Afrika se tabakboere in die toekoms slaag mits hulle die volgende doen: Hulle moet die regte tipe tabak produseer wat vervaardigers verlang; die tabak moet goed gegradeer word; koste moet laag gehou word; hulle moet mededingend in die mark bly; 'n vertrouensverhouding tussen produsent en verwerker moet opgebou word; 'n prysstruktuur wat billik is teenoor al die partye moet bereik word, en werklik geslaagde vennootskappe moet ontwikkel word.

Die werklike uitdaging vir enige land is om nou vinnig aan te pas en tabak van die gevraagde gehalte te lewer. Hy glo Suid-Afrika moet hom vergewis van wat die vervaardigers wil hê, vinnig aanpas en sy ding doen.

Mnr. Deon Meyer, bestuurder: landbou-ontwikkeling, MKTV, sê die 59 kultivars wat op dieonderneming se proefplaas by Groblersdal geplant is, word geëvalueer ten opsigte van groei, ontwikkeling, opbrengs en gehalte.

Die afgelope twee seisoene het plantvrektes en virusdruk geweldig toegeneem. Een van die oorsake van tabakvrektes op die land is swartstam (Phytophthora parasitica f.sp. nicotinia).

Virusse van ekonomiese belang is die aartappelvirus en tabakmosaïekvirus, veral indien laasgenoemde nie reg bestuur word nie.

Tot onlangs is hoofsaaklik plaaslik ontwikkelde tabakkultivars geplant, maar in die afgelope seisoen of twee is kultivars uit Zimbabwe, Brasilië en Amerika ook aangeplant. Die proefaanplantings op die proefplaas bied nou aan produsente 'n wyer keuse van kultivars wat kommersieel verbou kan word om die genoemde probleme te systap.

Die ses kultivars wat veral belowend lyk in die aanplantings op Groblersdal, is:

Kultivar OD 272 is deur die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Industriële Gewasse (IIG) ontwikkel en het 'n opbrengspotensiaal van 3 500 kg en meer per hektaar. Dit is bestand teen witroes, weerstandbiedend teen die tabakmosaïekvirus, het 'n lae weerstand teen swartstam en blaarsiektes en is vatbaar vir nematodes.

Kultivar RGH 51 is 'n Amerikaanse kultivar met 'n opbrengspotensiaal van 3 000 kg tot 3 500 kg per hektaar. Diekultivar is vatbaar vir die tabakmosaïekvirus en bied matige weerstand teen swartstam, blaarsiektes en nematodes. Sy weerstand teen witroes is onbekend.

Kultivar NC 71 is in Noord-Carolina ontwikkel en het 'n opbrengspotensiaal van 3 000 kg tot 3 500 kg per hektaar. Dit het 'n hoë weerstand teen swartstam en bied matige weerstand teen blaarsiektes en nematodes, maar is vatbaar vir die tabakmosaïekvirus. Sy weerstand teen witroes is ook onbekend.

Kultivar LK 33/60 kom ook uit Noord-Carolina en word deur die Laeveldse Kooperatiewe Tabakkwekersvereniging (LTKV) versprei. Dit het 'n opbrengspotensiaal van 3 500 kg/ha. Diekultivar is bestand teen witroes, het 'n hoë weerstand teen swartstam en nematodes en 'n lae weerstand teen blaarsiektes. Dit is vatbaar vir die tabakmosaïekvirus.

Kultivar T 26 is in Zimbabwe (Kutsaga) ontwikkel en het 'n opbrengspotensiaal van 3 500 kg en meer per hektaar. Dit is vatbaar vir die tabakmosaïekvirus, maar is bestand teen witroes en bied 'n hoë weerstand teen swartstam en blaarsiektes. Dit het 'n matige weerstand teen nematodes.

Kultivar OD 3 is deur die IIG ontwikkel en het 'n opbrengspotensiaal van 3 000 kg tot 3 500 kg per hektaar. Hierdie kultivar is bestand teen witroes en weerstandbiedend teen die tabakmosaïekvirus. Dit het ook 'n matige weerstand teen swartstam en blaarsiektes, maar is vatbaar vir nematodes.

Mnr. Meyer sê om insekgedraagde siektes en die voorkoms van virusse wat daaruit voortspruit, meer doelgerig te bestry, is die eerste meerdoelige hooglooptrekkers (410's) uit Kanada ingevoer.

Nie alleen sal dietrekkers aangewend kan word om insekbestryding te verbeter nie, maar dit sal ook aangewend kan word vir die toediening van suierolie en vir die oes van die tabak.

Navrae: MKTV se kantore op Groblersdal, tel. 013 262 4090, op Brits, tel. 012 252 3237 en op Rustenburg, tel. 014 596 5090.

24 Januarie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.07
-0.2%
Rand - Pond
21.03
+0.3%
Rand - Euro
18.77
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.17
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,013.83
+0.3%
Palladium
1,657.23
-0.7%
Goud
1,955.80
+0.3%
Silwer
24.29
+1.3%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,673
-0.1%
Alle aandele
79,847
+0.0%
Hulpbronne 10
75,340
+0.3%
Industriële 25
102,548
+0.0%
Finansiële 15
16,444
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na n maat
Hoe beskryf n mens jouself hier. Ek hou van lag en om elke dag net te geniet. Ek hou van braai en kosmaak. Hou van om langs die see te gaan loop. Is mal oor kinders en diere. Ek...
Tiek jy dalk my boksies?
Ek is 'n onafhanklike, selfversorgende weduwee, gebless met 'n skerp sin vir humor en 'n kreatiewe streep. Ek is lief vir mense, hou van kuier, die natuur en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot