Sagis, die Suid-Afrikaanse graaninligtingsdiens, publiseer elke week die produsentelewerings van mielies per graad. Die geverifieerde maandelikse syfer gee ’n goeie aanduiding van die graadsamestelling van die wit- en geelmielie-oes op ’n nasionale grondslag.
Die jongste verslag strek oor 13 weke vanaf 30 April tot 29 Julie 2022.
Uit die inligting blyk dit dat gemiddeld 74% van die witmielies wat nasionaal gelewer is, graad 1-witmielies is. Graad 2- witmielies beloop 21%, graad 3 slegs 4% en klas ander byna 1%.