Wees egter versigtig om nie alle versuipgrond oor een kam te skeer nie, waarsku mnr. Kobus van Zyl, ’n senior landboukundige by Omnia Nutriology.
Niemand gaan maklik die foto’s en video’s van vergelende, versuipte mielie-aanplantings in die Wes-Vrystaat se watertafelsandgrondstreek die afgelope somer vergeet nie. Sommige landerye was só oorstroom dat slegs die boonste dele van mielieplante gesien kon word.
Geen uitermatig nat somer in Suid-Afrika is egter dieselfde as ’n ander nie. Nie een keer sal die reënvalintensiteit of die uiteindelike hoeveelheid water die- selfde wees nie.