Misdadigers het ’n groot ongunstige impak op mense se lewe en kan net so ’n groot impak op die graanbedryf hê as ons nie katvoet loop nie. Gedurende 2021 was daar twee gevalle in Amerika waar graanopbergers se logistieke stelsels deur gyselware (ransomware) aangeval is.
Gyselware is ’n program wat wetend of onwetend deur ’n werknemer afgelaai word. Die programmatuur wat ’n silokompleks se logistiek beheer, word sodoende oorgeneem.
Die enigste manier waarop die wettige eienaar weer toegang kan kry, is om ’n groot losprys aan die misdadigers te betaal vir die kode wat die logistieke stelsel beheer. Agbiz Grain het ’n veldtog begin om die graanbedryf hiervan bewus te maak.