Luidens ’n verslag oor die heffings deur mnr. Gert Heyns, uitvoerende hoof van Suid-Afrikaanse kultivar-en- tegnologie-agentskap (Sacta), was daar ook beleggings in infrastruktuur deur internasionale saadmaatskappye en meer kultivars is beskikbaar.
“Sedert 2019 is 50 of meer nuwe sojaboonkultivars plaaslik geregistreer en hoewel nie almal gekommersialiseer is nie, verhoog dit die verskeidenheid wat vir boere en plaaslike teelprogramme beskikbaar is.
“In Julie verlede jaar was Intacta Roundup Ready2 Pro, insekweerstandig en glifosaatverdraagsaam, gedereguleer in Suid-Afrika en beperkte hoeveelhede saad behoort reeds in die komende plantseisoen beskikbaar te wees met groter hoeveelhede volgende jaar. Teen 2025 behoort ander biotegnologie-eienskappe in ander kultivars deur ander maatskappye ook beskikbaar te wees.”