AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Somer-aanplantings oortref verwagtinge

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
“Ek bedank al die boere wat onder die uitdagende omstandighede die laaste paar weke steeeds geplant het," sê me Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervoriming en landelike ontwikkeling.

Hoewel die oppervlakteskatting vir somergewasse weens baie reën laer as die verwagtinge in Oktober verlede jaar is, is dit steeds meer as wat baie kenners verwag het. In ’n ongewone stap het selfs me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, daarop gereageer en gesê dit skep hoop en dat voedselsekerheid steeds beskerm word.

Volgens die nasionale oesskattingskomitee (NOK) se voorlopige oppervlakteskatting wat pas bekend gemaak is, het boere 4,21 miljoen ha in die somerreëngebied beplant, wat 3% minder is as hul voornemens aan die begin van die seisoen, maar steeds 0,4% meer is as die vorige seisoen.

Didiza sê met deursettingsvermoë en toegewydheid het Suid-Afrikaanse boere die swaar reën getrotseer en aanhou plant tot nadat die optimale planttye verby was. “Die weerstoestande vir die volgende twee maande gaan van deurslaggewende belang wees om die opbrengste vir die 2021-’22-seisoen te bepaal. Ons bly optimisties dat daar redelik goeie opbrengste sal wees en dat daar genoeg geoes sal word om in ons eie, en ons buurlande, se behoeftes te voorsien. 

“Ek bedank al die boere wat in moeilike omstandighede die afgelope paar weke steeeds geplant het. Ons dink ook aan die boere wat gewasverliese weens vloede ondervind het. My departement win inligting in oor gebiede wat skade gely het, en ons sal probeer help met die beperkte bronne tot ons beskikking.”

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê die oppervlakteskatting is ’n verligting vir baie waarnemers, wat Agbiz insluit, omdat hulle minder aanplantings verwag het. Daar is ’n afname in die aanplantings van mielies, sorghum, grondbone en droëbone. Die aanplantings van sonneblom is 21% meer as die vorige seisoen op 580 000 ha en die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 910 000 ha, wat ’n toename van 10,02% of 82 900 ha verteenwoordig. Dit is die grootste oppervlakte beplant met sojabone in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Wat kommersiële mielies betref, is die voorlopige oppervlakte-skatting 2,6 miljoen ha, wat 5,3% of 145 700 ha minder is as die 2,8 miljoen ha wat verlede seisoen beplant is, en ook 4,2% minder as die plantvoorneme van Oktober 2021. Die voorlopige oppervlakte onder witmielies is 1,6 miljoen ha, wat ’n afname van 6,9% verteenwoordig vergeleke met die vorige seisoen. In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 1 miljoen ha, wat 2,8% minder is as die vorige seisoen.

Situasie gemonitor

Die NOK sê hy neem kennis van die laat aanplantings in sommige streke, asook oeste wat beskadig is weens die onlangse oormatige reën. Die situasie sal deur die seisoen gemonitor word en daarom bedank die komitee alle produsente en bedryfsbelanghebbendes wat gereeld inligting verskaf om die akkuraatheid van oesskattings te verbeter.

Vir grondbone is die oppervlakteskatting 34 000 ha, wat 11,8% minder is as die vorige seisoen. Die oppervlakteskatting vir sorghum het afgeneem met 28,9% tot 35 000 ha en vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 42 450 ha, wat 10,4% laer is as die vorige seisoen.

Sihlobo sê nou dat data oor die aanplantings bekend is, sal die aandag na opbrengste verskuif. Die vernaamste graan en oliesade soos mielies, sojabone en sonneblomsaad se gemiddelde opbrengste oor tien jaar is 5,02 t/ha, 1,78 t/ha en 1,3 t/ha. In die 2014-’15-seisoen, toe daar ’n droogte was, was die opbrengs van mielies slegs 3,75 t/ha. “Die verwagting is dat opbrengste in dele van die Vrystaat, Noordwes, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, waar daar baie reën was, laer as die vorige seisoen sal wees. Suid-Afrika benodig ’n nasionale opbrengs van 4,6 t/ha om ’n mielie-oes van 12 miljoen ton te hê om in die plaaslike verbruik te voorsien.”

Eerste produksieskatting

Die eerste produksieskatting vir somergewasse word op 28 Februarie bekend gemaak.

Intussen het die NOK ook sy sesde produksieskatting vir wintergewasse bekend gemaak. Die verwagte produksie vir koring is 2,209 miljoen ton, wat 2,6% of 55 820 ton meer is as die vorige skatting van 2,153 miljoen ton met ’n verwagte opbrengs 4,22 t/ha. Dit is die grootste verwagte koringoes sedert 2002, toe dit 2,427 miljoen ton was.

Die produksieskatting vir moutgars is 331 000 ton, wat 8 700 ton of 2,56% minder is as die vorige skatting en die verwagte opbrengs is 3,50 t/ha. Die verwagte kanola-oes is verhoog met 7 000 ton of 3,68% tot 197 000 ton. Dit is die grootste kanola-oes wat n?g geproduseer is in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot