AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Somer- en winteroeste ván die hoogste in jare

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Stewige rentekoersverlagings en ’n goeie vooruitsig vir vanjaar se mielieoes kan verbruikers én boere se finansiële druk verminder. Foto: Vida Booysen
Stewige rentekoersverlagings en ’n goeie vooruitsig vir vanjaar se mielieoes kan verbruikers én boere se finansiële druk verminder. Foto: Vida Booysen
Die jongste produksieskattings vir somer- en wintergewasse bly van die hoogste in meer as ’n dekade.

Die jongste produksieskattings vir somer- en wintergewasse bly van die hoogste in meer as ’n dekade. Die kommersiële mielie-oes word nou ietwat laer geskat op 16,2 miljoen ton, terwyl die koringoes opwaarts aangepas is na 2,1 miljoen ton.

Volgens die nasionale oesskattingskomitee (NOK) se agtste skatting vir somergewasse is die mielie-oes nou 105 000 ton (0,64%) minder as verlede maand, maar dit is steeds 6% groter as die 2020-oes. Die afgelope dekade word dit net oortref deur 2017 se oes van 16,8 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,8 miljoen ha met ’n verwagte opbrengs van 5,88 t/ha.

Geelmielies wat op ’n oes van 7,6 miljoen ton geraam word, is meer as 2017 se oes van 6,9 miljoen ton en die meeste nog sedert 2010. Die opbrengs van geelmielies is 7,15 t/ha. Die witmielie-oes het afgeneem van 8,8 miljoen ton tot 8,7 miljoen ton met ’n opbrengs van 5,09 t/ha.

Die drie belangrikste mielieproduserende provinsie, die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, gaan na verwagting 84% van die 2021-oes produseer.

In die nie-kommersiële sektor lyk die NOK se skatting ook belowend. Die oppervlakte beplant met mielies word geskat op 362 900 ha, wat ’n toename van 22% verteenwoordig teenoor verlede jaar. Die verwagting is 636 440 ton, wat 17,09% meer is as die 543 545 ton van die vorige seisoen. 

In die somerreëngebied is die produksieskattings vir sojabone, sonneblomsaad en grondbone onveranderd gelaat. Die produksieskatting van sojabone bly 1,9 miljoen ton. Die geskatte oppervlakte beplant is 827 100 ha en die verwagte opbrengs is 2,29 t/ha. Die produksieskatting vir sonneblomsaad is steeds op 677 240 ton. Die oppervlakteskatting is 477 800 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,42 t/ha is.

Die verwagte grondbone-oes is 58 900 ton met die oppervlakteskatting 38 550 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,53 t/ha is. Die produksieskatting van sorghum is 209 980 ton wat 2,94% meer is as die vorige skatting en die oes vir droeëbone word op 57 672 ton geraam.

Wat wintergewasse betref, dui die tweede produksieskatting vir koring op ’n oes van 2,1 miljoen ton, wat sowat 0,5% meer is as die vorige skatting. Die verwagte opbrengs is 4 t/ha. Die verwagte oes is baie naby aan verlede jaar se oes wat die grootste sedert 2010 was.

Die produksie in die Wes-Kaap word op 1,1 miljoen ton (54%) geraam, in die Vrystaat 343 000 ton (16%) en in die Noord-Kaap 259 150 ton (12%).

Die verwagte kanola-oes is onveranderd gelaat op 195 000 ton. Dit is die grootste kanola-oes wat n?g in Suid-Afrika geproduseer is. Die oppervlakteskatting vir kanola is 100 000 ha, met ’n verwagte opbrengs van 1,95 t/ha. Die produksieskatting vir moutgars is onveranderd gelaat op 356 700 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 94 730 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,77 t/ha beloop. Die verwagte oes vir hawer (ontbytgraan) is 82 223 ton.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.89
-1.5%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.63
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.52
-0.5%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,707.70
-1.1%
Silwer
20.27
-3.8%
Palladium
2,218.76
-4.5%
Platinum
910.25
-2.5%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot