AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Somergraan vertoon goed, maar . . .

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Suzanne Venter
Foto: Suzanne Venter
Somergraangewasse vertoon oor die algemeen op die oomblik baie mooi, maar daar is tog gebiede wat probleme ondervind.

Graan SA se jongste opname oor die stand van somergraangewasse teen einde Februarie dui op goeie verwagte opbrengste oor die algemeen, maar daar is wel gebiede soos die Oos-Vrystaat waar droogtetoestande sy tol geëis het, die Noord-Kaap waar beurtkrag saam met ’n hittegolf opbrengste benadeel het en Mpumalanga waar hael streep-streep gewasse beskadig het.

In Noordwes lyk mielie-, sojaboon- en sonneblomoeste oor die algemeen baie belowend en goeie opbrengste word op die meeste plekke verwag. Daar was wel droogtetoestande in gebiede soos by Mareetsane en ondergemiddelde opbrengste word daar verwag. Die verwagting is dat opbrengste nie so goed soos verlede jaar gaan wees nie en hoewel sowat 80% van die oes nou deur die ergste is, is daar ’n groter mate van risiko vir die 20% wat laat aangeplant is.

In die noordweste en sentrale dele van die Vrystaat lyk somergewasse baie mooi en bogemiddelde opbrengste word oor die algemeen vir mielies, sojabone en sonneblomme verwag. As die heersende warm toestande geruime tyd gaan voortduur, kan die opbrengspotensiaal benadeel word. Waar versuipskade voorgekom het, het sojabone beter herstel as mielies.

Graan SA sê in sy opname in die VKB-bedieningsgebied van die Oos-Vrystaat is dit ’n uiters moeilike seisoen wat wissel van baie nat tydens planttyd tot ’n erge hittegolf wat in sommige gebiede opbrengste benadeel het. Die meeste mielies is klaar bestuif en betree nou ’n kritieke stadium van graanvulling. Ondergemiddelde opbrengste kan in dele van Warden, Vrede, Frankfort, Villiers en Heilbron voorkom.

In die OVK-bedieningsgebied vertoon gewasse oor die algemeen baie mooi en belowende opbrengste word verwag. Die afgelope tyd se sonskyn was noodsaaklik omdat hitte-eenhede nou nodig is.

Een provinsie met groot probleme is die Noord-Kaap weens die impak van beurtkrag, asook die vloed in die Vaal- en Oranjerivier. Die situasie lyk kommerwekkend in die Douglas-omgewing waar die Vaalrivier landerye verspoel het. Pompstasies en landerye naby die rivier is onder water. Onder omstandighede word gemiddelde opbrengste in die omgewing van Orania, Hopetown en Luckhoff verwag, wat beter as die oorspronlike verwagting is.

Ondanks ’n lang en moeilike plantseisoen in Mpumalanga lyk die mielies en sojabone oor die algemeen baie mooi en gemiddelde opbrengste word verwag. Hier en daar het droogteskade voorgekom en hael het ook plek-plek skade veroorsaak. Omdat sojabone laat aangeplant is, loop boere die risiko van ryp vroeg in April.

Volgens Graan SA se opname vertoon mielies en sojabone in KwaZulu-Natal ook baie mooi en gemiddelde tot bogemiddelde opbrengste word verwag. Sclerotinia kom wel hier en daar voor op sojaboonaanplantings.

Op die Springbokvlakte van Limpopo waar sonneblom en sorghum tradisioneel geplant word, is daar produsente wat hierdie seisoen ook mielies geplant het. Al die gewasse lyk oor die algemeen goed en bogemiddelde opbrengste word verwag. Vroeë sonneblomaanplantings behoort hierdie maand gestroop te word en waar daar nie laat sonneblom geplant kon word nie, oorweeg produsente nou droëlandkoring.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.80
-0.0%
Rand - Pond
21.95
+0.6%
Rand - Euro
19.29
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
991.29
+1.1%
Palladium
1,465.87
-0.8%
Goud
1,969.32
-0.6%
Silwer
24.07
+0.7%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Opsoek na iemand opreg...
Ek is n eerlike opregte persoon en is opsoek na daai spesiale persoon wat ook moeg is om alleen te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot