Daar is opnuut tweespalt tussen die regering en die graan- en oliesadebedryf oor die pad vorentoe met die aanstelling van Leaf Services as ’n gevolmagtige inspeksiediens om die standaarde van graan, oliesade en graanprodukte te inspekteer.
Ná ’n suksesvolle appèl deur belanghebbendes in die waardeketting teen die wyse waarop die inspeksiediens aangestel is en die voorgestelde tariewe, moet die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling van voor af met die bedrywe konsulteer.
Die appèlraad het beslis dat Leaf Services nie voldoen het aan die vereistes wat vir openbare konsultasie en kommentaar gestel word voordat ’n kennisgewing daaroor in die Staatskoerant afgekondig is nie.