AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Sterk spilpunt bied goeie waarde

'n Stewige nuwe spilpunt- en verskeie ander besproeiingstelsels uit Oostenryk is nou plaaslik beskikbaar. 'n Besproeiingsboer beskryf dit as van die beste waarde vir geld.

'n Besonder sterk raamwerk, uitsonderlik deeglike galvanisering, eenvormige onderdele wat maklik beskikbaar is en uitstekende waterverspreiding is van die vernaamste kenmerke van die nuwe besproeiingstoerusting wat deur Natal-Agri op Dundee van die wêreldbekende onderneming Bauer in Oostenryk ingevoer word.

Mnr. Tony Doidge, bekende besproeiingsboer van Acton Valley, naby Bergville, wat al 17 jaar lank met spilpuntstelsels besproei en wat die Bauer-fabriek in Oostenryk besoek het, sê dieeenheid is syns insiens die beste waarde vir geld.

Mnr. Tertius Dowling, hoof van die tegniese afdeling van die invoerder, sê 'n vaste sowel as sleeptipe spilpuntstelsel, twee lineêre stelsels wat om hoeke en draaie kan beweeg en twee modelle wat oor die land gesleep en met kanonspuite of swaaibalke toegerus is, gaan ingevoer word.

Die Centerstar 4000 is die vaste spilpunstelsel wat 'n sirkel of dele van 'n sirkel kan besproei. Dit het 'n middeltoring wat op vier dik pilare staan met sterk horisontale spanstukke wat dit baie sterk en stewig maak.

Daar is 'n drukmeter aan die toevoerpyp en inlate waardeur bemesting toegedien kan word.

Die torings wat rondom die middelpunt beweeg, is sterk en het dikker hoekysterbalke en bykomende spanstukke by elke toring vir stewigheid. Die twee wiele wat elke toring dra, is verder uit mekaar geplaas (4,3 m of 4,9 m), wat dit nie net stewiger maak nie, maar ook verhoed dat dit maklik omval. Dit kan teen hellings van tot 20 grade werk en hellings van tot 8 grade tussen die torings hanteer.

àl die balke en pype is gegalvaniseer om te voldoen aan die vereistes wat in Europa gestel word.

Aandrywingsmotors met baie wringkrag, en wat nie baie krag verbruik nie en wat toegerus is met 'n meganisme wat dit teen oorlading beskerm, word gebruik. Die motors is oorlangs tussen die wiele geplaas.

Die motors is verseël om vog uit te hou, die tandratte is spesiaal verhard en verskillende ratverhoudings is beskikbaar. Met dieratkaste bly ál die torings in 'n reguit lyn, al is die terrein ongelyk.

Die vellings van die wiele is met 'n doopproses gegalvaniseer en breë wiele word gebruik om diep spore te beperk.

In die standaardbeheerkas word skakelaars en sekerings gebruik wat algemeen beskikbaar is sodat dit maklik vervang kan word. Die beheerkas kan egter aangepas word sodat die hele stelsel met 'n selfoon beheer kan word.

As die stelsel dus weens 'n kragonderbreking of daling in die waterdruk gaan staan, kan dit weer met 'n selfoon aan die gang gesit word, wat 'n rondjaery tussen die besproeiingslande uitskakel.

Die sleepmodel het presies dieselfde voordele. Omdat dit so sterk gebou is, kan dit alkante toe gesleep word.

Die wiele van elke toring kan met 'n werwelaksie geswaai word sodat dit oor die lengte gesleep word. 'n Slee- of wieleenheid is vir die sentrale toring beskikbaar.

Die Centerliner 4000 en die Linestar 4000 is die twee lineêre stelsels wat ingevoer word.

Die Centerliner 4000 lyk net soos die bogenoemde spilpuntstelsels, maar die middeltoring is op wiele geplaas. Dit kan dus ook as 'n spilpunt gebruik word.

Die sentrale toring se wiele kan geswaai word en 'n staaf met wiele wat in 'n voor loop of 'n elektriese kabel wat in die land begrawe is, kan dit stuur. Só kan die stelsel op en af beweeg en 'n reghoekige land besproei. Dit kan 'n L-vormige land besproei deurdat dit in die hoek kan draai. Dit kan aan die een kant van 'n land afbeweeg, aan die onderpunt draai en 'n halfsirkel besproei, aan die anderkant opbeweeg en weer in 'n halfsirkel draai. Die moontlikhede is feitlik onbeperk.

Die hele stelsel word met 'n rekenaar beheer om die wielsnelheid van die verskillende torings aan te pas sodat dit om die draaie beweeg en die wiele en torings in 'n reguit lyn bly. Die watertoevoerpyp word saamgesleep. Die torings en konstruksie van die stelsel is van dieselfde gehalte en sterkte as die spilpuntstelsel.

Die Linestar 4000 is 'n lineêre stelsel met 'n toevoerpyp in 'n kanaal wat langs die land loop. Dit kan dus net heen en weer oor die land beweeg, maar die kanaaltoevoer sorg vir topwerkverrigting sodat tot 1 000 kubieke meter water per uur toegedien kan word oor 'n land van tot 1 200 m wyd. Vir kleiner eenhede kan die stelsel ook met 'n sleeppyp gebruik word en dan kan tot 300 kubieke meter water per uur toegedien word. Die groot eenheid se kanttoring loop op vier wiele en die kleiner stelsel op twee wiele wat laasgenoemde baie hanteerbaar maak.

Twee sleepmodelle, die Rainstar E41 en T31, word ook ingevoer. Albei kan met 'n swaaibalk of kanonspuit toegerus word. Met 'n swaaibalk is die benattingswydte van die twee modelle onderskeidelik 72 m en 48 m, met 'n toevoerpyp van onderskeidelik 450 m en 350 m lank.

Met kanonspuite op kan die twee modelle elk 'n baan van 100 m wyd besproei.

Mnr. Doidge en sy seun Ian is baie beïndruk met die werkverrigting van hul spilpunt. Hulle het 'n gemengde boerdery op sowat 1 600 ha naby Bergville en besproei sowat 235 ha waarop hulle in die winter koring en in die somer mielies en sojabone verbou. Hul spilpuntstelsel is ontwerp om 57 ha te besproei en kan 8 mm binne 24 uur oor die hele oppervlakte toedien.

31 Oktober 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
-0.5%
Rand - Pond
19.64
-1.3%
Rand - Euro
17.44
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,645.34
+0.1%
Silwer
18.86
-0.1%
Palladium
2,075.00
+0.1%
Platinum
866.48
+0.9%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
56,759
-0.6%
Alle aandele
63,041
-0.6%
Hulpbronne 10
55,709
-1.1%
Industriële 25
78,646
+0.3%
Finansiële 15
13,910
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot