AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Suikerboer van die Jaar se wenresep

Diversifisering, streng finansiële beheer, 'n deeglike administrasiestelsel en intense betrokkenheid by 'n studiegroep is onder die elemente van 'n voorste suikerboer se wenresep.

Die Vutshini-landgoed, familieboerdery van die gesin Rouillard, is een van die bekendstes in die omgewing van Pongola. Dit is ook een wat gekenmerk word deur 'n hegte familie-eenheid waarbinne suksesvol met 'n verskeidenheid gewasse, beeste en wild geboer word.

"Ons filosofie was nog altyd om te diversifiseer, maar ook om seker te maak dat elke afdeling van die boerdery as 'n winsgewende sake-eenheid bedryf word," sê mnr. Edmond Rouillard (36). Hy het in 1991 begin boer nadat hy die graad B.Sc.Agric. aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het. Hy sien om na die wild-, bees- en suikerboerdery, terwyl sy broer, Antoine, die sitrus- en mangovertakkinge bestuur.

Mnr. Rouillard se toewyding is wyd raakgesien en vroeër vanjaar is hy deur die Pongola-suikerrietkwekersvereniging as Suikerboer van die Jaar aangewys.

Bykans 70 000 ton suikerriet word jaarliks op sowat 600 ha geproduseer. 'n Deel van die grond is in Swaziland en die res in Pongola. Die sitrus, bestaande uit twee derdes pomelo's en die res lemoene, word op 130 ha in Pongola verbou, sowel as 40 ha se mangobome. In Swaziland het hulle 'n beesplaas met sowat 650 vleisbeeskoeie en dan is daar nog 'n wild-en-beesplaas, Harloo Ranch, aangrensend aan die Pongola-natuurreservaat.

"Die reservaat is in 1894 deur pres. Paul Kruger geproklameer en was die eerste wildtuin in Suid-Afrika. Die motivering was blykbaar om 'n deurgangsroete vir die ou Zuid-Afrikaansche Republiek na die see te verseker. Ons strewe is om Harloo weer deel van die oorspronklike natuurreservaat te maak en ons onderhandel op die oomblik met KZN Wildlife om diegebiede saam te voeg," sê mnr. Rouillard.

"Dit bly egter belangrik dat dit as 'n winsgewende en suksesvolle besigheid bedryf moet kan word, hetsy deur jag, die verkoop van wild of toerisme. Dit maak nie sin om 'n mens se tyd aan só 'n projek te bestee as dit nie selfonderhoudend bedryf kan word nie. My gevoel is dat die meeste wildplase in die provinsie nie volhoubaar bedryf kan word as dit nie deur 'n ander bedryf of bron gesubsidieer word nie."

Die sitrus word verbou op die ligter sandgrond en mango's op die meer marginale grond wat nie vir suikerriet geskik is nie. Alle sitrusvrugte word vir die uitvoermark geproduseer en op die plaas verpak. Die mango's word op die plaaslike mark verkoop en volgens mnr. Rouillard verseker dit 'n goeie kontantvloei in die afseisoen en help dit om die arbeidsmag in dietyd produktief besig te hou. "Mango's is 'n dinamiese produk. Dit kan gedroog, versap, tot atjar verwerk of vars op die plaaslike mark verkoop word. Natuurlik kan dit ook uitgevoer word."

Op die beesplaas word hoofsaaklik met Brahmankruisings geboer. "Ons gebruik ook Hereford- en Simmentalersemen op van ons koeie. Suiwer Taurus-bulle sukkel met die hitte en die terrein."

Suiker is die bedryf waaroor mnr. Rouillard met die grootste geesdrif praat. Van die sowat 600 ha riet wat verbou word, is 220 ha onder spilpuntbesproeiing, 70 ha onder drupbesproeiing en die res onder semi-permanente oorhoofse besproeiing.

In die seisoen 2001/02 het hy gemiddeld 113 ton riet per hektaar gekap met gemiddeld 13,18 ton herwinbare waarde per hektaar. Die afgelope seisoen is dit opgestoot tot 118,4 ton riet en 14,29 ton herwinbare waarde per hektaar. (Die aanvaarbare gemiddeld vir rietkwekers in besproeiingsgebiede is 100 ton riet en 12 ton herwinbare waarde per hektaar. Die herwinbare waarde was in 2002/03 R1 368 per ton.)

Hy glo sy wenresep is in 'n groot mate op 'n goeie aantekeningstelsel gegrond. "Baie boere vervang konstant 10 % tot 15 % van hul riet per jaar en die oudste blokke waai gewoonlik eerste. Dit is duur proses.

"Ek laat my lei deur 'n rekenaarprogram waarmee ek die herwinbare waarde per hektaar bepaal. Elke blok wat onderpresteer, word noukeurig geëvalueer. Uiteraard word die grond se potensiaal ook in ag geneem. Indien daar nie 'n sigbare oorsaak, soos droogte, onkruid, ondoeltreffende bemesting of versuiptoestande in die vorige groeiseisoen was nie, vervang ek die riet.

"Dit is die enigste grondslag vir die vervanging van riet. Daarom is daar lande waarop ons die riet ná vyf jaar vervang en ander waarop die riet 12 tot 13 jaar oud is."

Die kultivars wat geplant word, is N25 (34 %), N14 (28 %) N19 en N23 (18 %) en 'n bietjie N26 en N36. Hy gaan mettertyd heelwat meer N36 en N26 plant.

"Alles gaan deesdae oor gehalte en ek voel ek kan nog heelwat verbeter op hierdie gebied. N26 lewer deur die jaar 'n goeie herwinbare waarde. Dit vereis egter baie goeie grond. N36 lyk ook na 'n belowende kultivar vir die toekoms, maar dit val ongelukkig gou om en sukkel soms om te ontkiem.

"Ek wil die N25 en N14 verminder weens lae gehalte, hoewel die opbrengs (ton) per hektaar wat hierdie kultivars lewer, iets is om mee rekening te hou." Hy wil N19 heeltemal uitskakel weens konstante swak resultate.

"Ons maalseisoen duur 'n lang 41 weke. Die meule begin gewoonlik in Maart en maal tot net voor Kersfees. Die ideaal sou 36 weke wees, van einde April tot November, in die droër wintermaande wanneer die sukrosevlak natuurlik hoog is. In die nat en warm maande wil die riet vegetatief groei en die sukrose is dan laag. Lande word ook vertrap en grondverdigting word 'n wesenlike probleem."

Vir besproeiing word 'n siklus van sewe dae gebruik en in die somer is die mikpunt 50 mm per week. "Besproeiingskedulering word fyn beplan. Ek dink dit is meeste boere se voorland aangesien die meeste van ons in 'n mate oorbesproei. Buiten dat dit ons grondpotensiaal vernietig, word skaars en duur grondstowwe vermors."

Wat kunsmis betref, laat hy sy verskillende grondsoorte toets en volg die aanbevelings vir bemesting. Oorwegend word net ureum, vanweë sy hoë stikstofinhoud van 46 % en lae vervoerkoste per eenheid, as kunsmis toegedien en in sommige gevalle aangevul met 'n gepaste mengsel as bykomende potas nodig is.

Mnr. Rouillard sê dit is ook by die rietproduksie waar 'n goed gestruktureerde studiegroep van onskatbare waarde is. "Ons is 'n groep van nege kwekers wat een keer per maand ál ons kennis op 'n formele vergadering met mekaar uitruil. Elke vergadering word deur 'n plaasbesoek voorafgegaan. Probleme, oplossings en waarnemings word dan ook aan ons ander lede uitgewys en bespreek.

" 'n Standaarde-léer word bygehou waarin ons voortdurend ons produktiwiteit teenoor mekaar meet. Standaarde word gestel vir werkers, masjinerie en opbrengs en almal speel oop kaarte oor alles om mekaar te help. 'n Hoogtepunt is wanneer kosteontledings in Junie gedoen word om te kyk hoe ons boerderye geldelik met mekaar vergelyk. Elkeen kan uit die verfynde syfers sien of hy 'n probleem het en besluit hoe om dit te hanteer."

Hy sê hulle is al vyf jaar lank aan die gang en het al baie praktiese boerdery-oplossings saam gevind. Só word die algemene stan-daard tot voordeel van almal voortdurend verbeter. "Ek glo jy kan altyd iets by 'n ander boer leer — al is dit dalk om iets nieop jou manier te doen nie."

Wat die bestuur van hul eie boerdery betref, glo die Rouillards dat 'n deeglike finansiële en administratiewe beheerstelsel onontbeerlik vir welslae is. Alle administrasie word op rekenaars bygehou en elke uitgawe word teen 'n spesifieke kostesentrum aangeteken. 'n Voltydse rekenmeester sorg dat daar maandeliks 'n bestuursverslag vir elk van die boerdery se vertakkings voorsien word waarin selfs die kleinste inkomstes en uitgawes aangedui word.

"Ons waak voortdurend teen oorbesteding en is konserwatief. Ons trekkers is almal 10 tot 15 jaar oud en ons is nie bang om tweedehandse toerusting te koop en te herstel nie. Werktuie wat 'n sleutelrol speel, word egter gereeld vervang.

Toesighouers 'n steunpilaar

"Ek verkies om die boerdery so ver moontlik self te bestuur en het dus nie bestuurders nie. Ek wil sover moontlik in voeling wees met wat op die grond aangaan. Om dit reg te kry, steun ons swaar op ons arbeidsmag en delegeer baie verantwoordelikhede aan toesighouers."

Só vat mnr. Edmond Rouillard sy bestuurstyl in 'n neutedop saam. Hy sê hulle is gelukkig om 'n stabiele arbeidsmag te heen ondervind geen arbeidsprobleme nie. Baie van die verantwoordelikhede vir die rietproduksie word aan vyf toesighouers gedelegeer, wat self werkers keur en aanstel. "Ek stel die standaarde, lei die personeel op en dan neem die toesighouers oor. Ek skakel net met die toesighouers, gee hulle ál my ondersteuning en staan bankvas agter hulle indien hulle my nodig het.

"Hulle besef hul eie welslae word gemeet aan die bydraes van hul ondergeskiktes en dat elkeen net sy taak so goed kan verrig as die bydrae van die mense wat vir hom werk."

Om tot 'n gelukkige werksmag by te dra, is 'n skool op die plaas opgerig waar 400 tot 500 kinders skoolgaan. Daar is ook twee kerke, sportgeriewe, 'n TV-lokaal en 'n biblioteek vir werkers ingerig waar hulle in hul vrye tyd kan lees of studeer.

Hy sê ongelukkig raak die administratiewe las wat deur arbeidswetgewing op die boer geplaas word al hoe groter en te veel tyd en geld moet daaraan bestee word. "Dit ontmoedig werkskepping en dwing mens om te meganiseer. Ons het al talle moontlike projekte laat vaar weens hierdie kwessie," sê hy.

Volgens hom word die vigs-probleem ook al hoe groter. Sowat agt werkers, of van hul gesinslede, sterf jaarliks en dit skep 'n magdom probleme, soos lae produktiwiteit, begrafniskoste en familielede wat agterbly. "Dit is altyd die beste werkers wat siek word en dit is duur en moeilik om plaasvervangers te vind en op te lei."

Nog 'n probleem wat 'n knaende klippie in die skoen is, is misdaad wat voortdurend toeneem. "Derduisende rande se toerusting, wild, vee en vrugte word jaarliks gesteel en pogings om sekuriteit op te skerp, kos nog derduisende meer. Dit laat 'n mens voel dat jy niks terugkry vir belastinggeld wat jy moet opdok nie. Net in die laaste drie maande is drie van ons vragmotors gekaap.

"Dit help egter nie om mismoedig te word nie. Boere moet saamstaan om die uitdagings die hoof te bied en daarom glo ek sterk in die rol van die georganiseerde landbou. Elke boer moet betrokke raak en bydra om verskille te oorbrug en 'n gevoel van samehorigheid te skep."

8 Augustus 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Hierdie suikerbosie Wil saam jou Onder sterre en maanlig wees
My hart is opreg en ook net opsoek Na my Boer my baby Ek het waardes en my grootste trots is dat God my God is s
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot