AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Tegnologieheffing gaan help met voedselsekerheid vorentoe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sojabone. Foto: Alani Janeke
Sojabone. Foto: Alani Janeke
Suid-Afrika moet verseker nie die voedselsekerheid wat hy op die oomblik geniet, as vanselfsprekend aanvaar nie. Met beperkte hulpbronne sal voedselproduksie in die volgende 30 jaar meer as moet verdubbel om voedselsekerheid te behou.

Dié waarskuwing kom van mnr. Jozeph du Plessis, boer van Schweizer-Reneke en voorsitter van die Suid-Afrikaanse kultivar- en tegnologie-agentskap (Sacta). Hy het op ’n inligtingsessie oor die agentskap gesê die sukses wat Sacta en die sojaboonbedryf die afgelope paar jaar danksy samewerking binne die hele waardeketting behaal het, het die pad aangedui wat vorentoe gevolg behoort te word.

“Nie lank gelede nie het ons gedink ons het genoeg elektrisiteit in Suid-Afrika en vandag het ons beurtkrag. Ons moet nie een dag nalaat om aan ons verhoogde voedselproduksie te werk nie. Ons het die momentum en as almal saamwerk om dit te laat toeneem kan ons oor 30 jaar steeds voedselsekerheid hê en seker maak dat ons nie ook beurte moet maak om te kan eet nie.”

Hy het gesê een van die beste gereedskapstukke om produktiewer en mededingender te raak, is toegang tot die beste plantmateriaal, kultivars en biotegnologie wat op die mark beskikbaar is en waarby alle boere, klein en groot, kan baat.

Sedert in 2016-’17-boekjaar met koringheffings begin is, is 23 nuwe koringkultivars plaaslik geregistreer en sedert 2019-’20-boekjaar toe met sojaboonheffings begin is, is meer as 50 nuwe kultivars plaaslik geregistreer, wat ook Intacta RoundupReady2 Pro, insekweerstandige en glifosaatverdraagsame sojaboon-kultivars insluit.

Me. Lukeshni Chetty, hoofbestuurder van Sansor, het gesê die tegnologieheffing is ’n noodsaaklike stelsel en die enigste manier om te belê in nuwe tegnologie. Sy voorsien dat daar ook ander soortgelyke kultivars as Intacta na Suid-Afrika op pad is, maar dat die registrasieproses tyd kos. “Opbrengste van sojabone het reeds verbeter, hoewel ons nog agter ander lande is.”

Du Plessis, self ’n sojaboonboer, het bevestig dat die voordele op plaasvlak gesien kan word met hoër opbrengste en beter aangepaste kultivars.

Prof. Ferdi Meyer, besturende direkteur van die buro vir landbou- en voedselbeleid, het verwys na die skerp groei in opbrengste en hektare van sojabone met uitvoerbare surplusse wat tot 2031 voorsien word. Hy het gesê boere sal teen uitvoerpariteit op die internasionale mark moet meeding. Hoër opbrengste sal van deurslaggewende belang wees om die koste per ton af te bring.

Model vir ander lande

Verskeie verteenwoordigers van saadmaatskappye het op die inligtingsessie lof vir die tegnologieheffing gehad.

Mnr. João Schechtel, verteenwoordiger van die Argentynse saadmaatskappy Don Mario, het gesê die wyse waarop Suid-Afrika die heffing insamel, versprei en verhoudinge met saadmaatskappye bou, is ’n model wat ander lande reeds navolg. Heffings help maatskappye om betrokke te bly en nuwe tegnologie te ontwikkel.

Mnr. Andrew Bennett, nuwe uitvoerende hoof van Sacta, wat op die inligtingsessie oor die agentskap se finansies verslag gedoen het, het gesê die bruto inkomste uit heffings vir die boekjaar wat einde Februarie geeïndig het, was R161,7 miljoen. Daarvan moet 20% aan transformasie bestee word en 5% het gegaan vir kommissie en administrasie. Dit was ’n totaal van sowat R8,5 miljoen.

Die ander 75% word volgens markaandeel onder saadmaatskappye verdeel. Vir wintergewasse, wat koring, gars en hawer insluit, is daar verlede November R56,3 miljoen aan saadmaatskappye uitbetaal. Wat sojabone betref, word vandeesmaand bykans R68 miljoen aan saadmaatskappye uitbetaal.

Wat die invordering van heffings betref, het Bennett gesê vir koring was dit in die bemarkingsjaar 92%, vir gars 85% en vir hawer 73%. Wat sojabone betref, is 99,5% van die heffings ingevorder. Die heffing vir koring, gars en hawer in die nuwe bemarkingsjaar is R32/ton en vir lupiene gaan dit R35/ton wees. Vir sojabone is dit op die oomblik R55/ton en volgens die aansoek vir die volgende twee seisoene gaan dit styg tot R66/ton en daarna R92/ton.

Wat die bydrae van 20% tot transformasie betref, was die openingsbalans vir die boekjaar R40 miljoen met ’n verdere bydrae van R32 miljoen in die boekjaar. Hiervan is R48 miljoen bestee aan ontwikkelingsprojekte, R2 miljoen aan opleiding en vaardighede, R3 miljoen aan bestuur en R300 000 aan maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
+0.4%
Rand - Pond
22.27
+0.6%
Rand - Euro
19.59
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.7%
Platinum
966.81
+0.7%
Palladium
1,432.30
+1.1%
Goud
1,966.92
-0.3%
Silwer
23.34
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot