AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Top-diens vir beste wins

Om te meet, is om te weet. Dít raak by die dag belangriker by ál die fasette van die kommersiële landbou, want dit is die riglyne waarvolgens produksiekoste sinvol aangepas kan word.

Betroubare en flink laboratoriumdienste is die boer se waarborg dat sy kunsmis die optimale samestelling vir sy gewas-grond-kombinasie het; dat sy diere die regte voerrantsoen vir hul fase van ontwikkeling kry; en dat volgens klimaatstoestande aan die optimale voedingsbehoeftes van gewasse voldoen word.

Kortom, om verstandig te spaar, moet jy presies weet waar om watter koste te sny, of jy moet seker maak jy kry waarvoor jy betaal. Daarom dat goeie ontledingsdienste van landboulaboratoriums toenemend die boer se winsvennoot word.

In 1997 het drie laboratoriums wat ontledingsdienste aan verskillende sektore van die landbou gelewer het, naamlik Noord-Wes Koöperasie, Outspan en Meadow Voere, saamgesmelt en Sentrale Analitiese Laboratoriums (CAL) gevorm. Dit is 'n onafhanklike, kommersiële laboratorium wat by Pelindaba gevestig is. In 2001 is Kynoch se laboratorium in Milnerton (Kaapstad) ook by diegroep ingeskakel, wat uiteindelik as 'n satelliet-laboratorium, bekend as CAL Kaap, na Somerset-Wes verhuis het.

Die maatskappy het van Outspan af 'n databasis saamgebring waarin die ontledings van blaar- en grondmonsters vir sitrus oor die afgelope aantal jare opgeberg is, saam met data van die boere wat die dienste gebruik. Diediens is intussen internasionaal uitgebrei om, benewens sitrus, ook avokado's, mango's, pekanneute, makadamianeute, olywe en druiwe in te sluit. Die diens aan die vrugtebedryf is 'n unieke spesialiteitsdiens wat die grootste in sy soort in die wêreld is, met nagenoeg 15 000 ontledings per jaar.

Dit behels onder meer die volgende: Vóór die seisoen vir blaar- en grondmonsters begin (byvoorbeeld einde Januarie vir sitrus in Suid-Afrika), moet elke produsent wat by die maatskappy geregistreer is, die nodige houers vir monsters en vorms vir die nodige boordinligting kry. Dit sluit alle behandelings ten opsigte van besproeiing en bemesting in, asook 'n ontleding van die vorige oesresultate.

Hierdie inligting word saam met ontledingsresultate verwerk om aanbevelings per boord vir die nuwe seisoen te doen. Dr. Hannes Coetzee, tegniese raadgewer, sê daar is sowat 10 000 boorde wêreldwyd vir diedoel by die laboratorium geregistreer, waarvan sowat 7 000 jaarliks aanbevelings aanvra. Dit sluit in boorde van al die genoemde kultivars in Suid-Afrika, Swaziland, Mosambiek, Botswana, Namibië en Peru, en van die einde van vanjaar af ook Egipte.

Boorde in Peru sluit in avokado's, mango's en olywe. Wat hierdie spesifieke diens betref, geniet die maatskappy reeds erkenning as 'n laboratorium van wêreldformaat. Dr. Coetzee is ook toegerus om boere by te staan met bemestingsadvies volgens Eurepgap-voorskrifte.

Die maatskappy se kernbesigheid is ontledings, waarvan daar sowat 140 000 per jaar gedoen word. Hiervan vorm monsters van grond, plante, voer, water, kunsmis, kalk en groeimediums die grootste komponent. Daarna volg die spesialiteitsdiens ten opsigte van bemestingsaanbevelings vir vrugte-, groente- en neutprodusente.

Die jongste toevoeging is 'n grondontledingsdiens vir geesdriftige plaas-, stads- en dorpstuiniers. Altesame agt van Suid-Afrika se belangrikste kunsmisverskaffers gebruik die maatskappy se ontledingsdiens, terwyl van die land se voorste veevoerverskaffers, 'n aantal boere, asook landbou-organisasies die maatskappy se voerontledingsdiens gebruik.

Die laboratorium se diens ten opsigte van voerontledings is ook uniek in Suid-Afrika en verteenwoordig 'n groot tegnologiese voorsprong. Dit is gebaseer op internasionale NIR-tegnologie (Naby Infrarooi Spektroskopie) - 'n stelsel wat die gehalte van veevoer en bestanddele vir veevoerrantsoene in 'n japtrap toets. Dit is 'n tegniek wat nie die monster vernietig nie en wat gebruik word om vinnig akkurate lesings te verkry van organiese komponente, soos proteïen, vet, vesel en vog. Toetsresultate is binne 30 sekondes beskikbaar.

Die groot voordeel van hierdie tegnologie is dat 'n veevoervervaardiger sy eie gerekenariseerde toetsapparaat kan bedryf. Dieapparaat word deur CAL gekalibreer en via die navorsing- en tegnologiesentrum Provimi in Brussel, België, aan 'n wêreldwye moniteringsnetwerk verbind. Die instrument is vryelik beskikbaar, maar die maatskappy is die enigste laboratorium wat die kalibrering daarvan vir veevoere op hierdie manier ondersteun, sê dr. Neil Dominy, NIR- en voerebestuurder.

Volgens hom is dit met hierdie hulpmiddel maklik om byvoorbeeld rantsoene vir spesifieke diere in 'n spesifieke stadium van groei of ontwikkeling saam te stel. 'n Verdere voordeel is dat grondstowwe by ontvangs aan 'n betroubare gehaltetoets onderwerp kan word nog voordat 'n vrag afgelaai word. Uiteraard vergemaklik dit ook die handhawing van gehaltestandaarde deur die hele vervaardigingsproses.

Verdere ontwikkeling behels moontlike aanpassings van dieselfde tegnologie ten opsigte van 'n paar komponente in grond- en blaarontledings. Dit behoort byvoorbeeld moontlik te wees om die stikstofinhoud van grond en blare op hierdie manier te bepaal, sê dr. Coetzee. Dit is boonop 'n omgewingsvriendelike toetsmetode waarby geen chemikalieë betrokke is nie.

Synde 'n kommersiële onderneming, fokus dielaboratorium op die behoeftes van sy kliënte en om betroubare resultate so gou moontlik beskikbaar te hê. Die gehalte van die laboratorium se werk word plaaslik gemonitor deur die Landboulaboratorium Assosiasie vir Suider-Afrika (AgriLASA), en op internasionale vlak deur Wageningen Internasionaal in Nederland (ten opsigte van grond- en plantmateriaal) en die Amerikaanse Assosiasie vir Veevoer-gehaltebeheer.

12 September 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot