’n Dringende vergadering tussen alle belangegroepe – boere, graanhanteerders, handelaars, meulenaars en veevoervervaardigers – is vir die week van 23 Mei beoog waar die kwessies ter sprake “fyngemaal” sou word.
Graan SA sê in ’n skrywe aan sy lede die voorgestelde graderingsveranderinge moet nou deur die normale proses plaasvind. Dit behels dat die regulasies in die Staatskoerant afgekondig moet word vir kommentaar, wat etlike maande kan duur.
Dit volg nadat ’n tydelike dispensasie waaronder die voorgestelde regulasies betyds vir die nuwe bemarkingsjaar sou kon geld, teruggetrek is. Die bemarkingsjaar het op 1 Mei afgeskop.