AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9782
68,00
CORN
29 Mrt
-
4510
-30,00
SOYA
29 Mrt
-
8255
12,00
SUNS
29 Mrt
-
8710
3,00
WEAT
29 Mrt
-
6682
-8,00
WMAZ
29 Mrt
-
3842
-41,00
YMAZ
29 Mrt
-
4056,6
-27,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Vier lusernvari

Vier nuwe lusernvarieteite sal teen Maart vir plaaslike aanplantings beskikbaar wees. Kenners vertel hier meer daarvan, asook van ander nuwer variëteite waarmee sukses behaal word.

Vier nuwe lusernvarieteite sal teen Maart vir plaaslike

aanplantings beskikbaar wees. Kenners vertel hier meer daarvan, asook van ander nuwer variëteite waarmee sukses behaal word.

Sedert die verbod op die invoer van lusernsaad in die laat sewentigerjare opgehef is vanweë die uitbreking van plantluise, het heelwat nuwe variëteite hul verskyning op die plaaslike mark gemaak. Tog duur die soeke na nog beter aangepaste variëteite voort.

SA Standaard was vir jare die enigste beskibare lusern in Suid-Afrika, maar dit bied nie weerstand teen plantluise nie.

Mnr. Gert Els, bemarkingsbestuurder by Klein Karoo Saad (KKS) op Oudtshoorn, sê in die laaste sowat vire jaar is altesame elf oorsese variëteite getoets, waaruit vier as die beste vir plaaslike aanplantings geselekteer is. Die vier variëteite - wat teen Maart vir kommersiële aanplantings beskikbaar sal wees is WL (Waterman Loomes) 625HQ, KKS 3864, Robusta en KKS 9595.

Laasgenoemde drie is spesifiek vir meerblarigheid geteel wat beteken dat meer as drie blare per stingel voorkom. Lusernkultivars en - variëteite word in ngege dormansiegroepe ten opsigte van wintergroei ingedeel. Die dormansieklas 1 is winterdormant, terwyl die die dormansieklas 9 hoogs winteraktief is.

WL 625HQ is 'n variëteit wat in die dormansiegroep 9 val. Dit is met ander woorde hoogs aktief in die winter. Dievariëteit bied veelvoudige weerstand teen die vernaamste plae, waaronder fusarium, Phytophthora-wortelvrot, blouluis, ertjieluis, gespikkelde luis en knopwortelaalwurm. Voorts lewer dievariëteit hooi van 'n uitstekende gehalte asook 'n goeie opbrengs.

WL 525HQ was tot onlangs die enigste variëteit in Suid-Afrika wat hooi van sulke top gehalte geproduseer het. Nou lewer WL 625HQ hooi van dieselfde gehalte, maar sy opbrengs is hoër as dievan WL 525HQ omdat dit in een dormansiegroep hoër as WL 525HQ val. WL 625HQ is dus die ideale variëteit vir produsente wat hoë opbrengste wil produseer, asook goeie hooi vir maksimum resultate in sy kudde.

KKS 3864 is 'n variëteit in die dormansieklas 7 en is

geselekteer uit variëteite wat besonder blaarryk is. Danksy sy blaarrykheid is

KKS 3864 ook baie proteïenryk. Dit lewer beter hooi as die meeste varië teite in

dormansiegroep 9, en bied goeie weerstand teen siektes, waaronder

Phytophthora-wortelvrot, antraknose, blouluis, gespikkelde luis, ertjieluis en knopaalwurm. Met die vestiging van KKS 3864 is ondervind dat die saailinge 'n beter houvermoë onder vloedbesproeiing getoon het as die meeste ander bekende variëteite wat in Suid-Afrika gebruik word. Reeds in 'n jong stadium is die saailinge besonder sterk en goed ontwikkel en dit het 'n langer lewensduur as die hoër dormansiegroepe.

Robusta is ook in die dormansiegroep 9. Die volhoubaarheid

en lewensduur van Robusta vergelyk baie goed met dievan laer dormansiegroepe.

Dit is 'n aktiewe wintergroeier wat goeie hooi lewer en weerstand teen die

vernaamste insekte en siektes bied, waaronder gespikkelde luis, blouluis,

fusarium, Phytophthora-wortelvrot en antraknose.'n Goeie eienskap van Robusta is dat dit droogte en hittespanning te bowe kan kom. In weidingsproewe het dievariëteit baie goed gevaar, maar dit leen hom eerder tot 'n hooi- as 'n weidingsvariëteit. Dit is dus die ideale variëteit vir boere wat maksimum opbrengste wil hê en steeds goeie hooi in die warmer dele van die land wil produseer.

KKS 9595 val in die dormansiegroep 7 tot 8. Wat KKS 9595 besonders maak, is

dat dit bewei kan word soos enige ander variëteit met 'n lae dormansie sonder dat

die plant onherstelbaar beskadig word. Gewoonlik kan variëteite in 'n hoë dormansiegroep

nie juis bewei word nie, omdat die kroon dan beskadig kan word. Die

kroon van hoogs dormante plante is bogronds, maar in die geval van KKS 9595 veroorsaak

dit nie weidingsprobleme nie. KKS 9595 is geselekteer uit variëteite wat vir twee jaar straf bewei was. Nét die plante wat herstel en daarna steeds goed gepresteer het, is geselekteer om nog saad te produseer. Hergroei is ook vinnig en KKS 9595 kan ná kort rusperiodes weer bewei word. Dit is baie geskik vir produsente in die somerreëngebiede, omdat lusern bewei kan word in tye wanneer dit weens reën nie gesny kan word nie.

Ander variëteite wat winteraktief is, het dikwels die probleem dat dit nie in die herfs gesny kan word nie omdat die hooi nie gou genoeg afdroog om gebaal te word nie. KKS 9595 bied ook weerstand teen die vernaamste siektes en insekte, waaronder Phytophthora, ertjieluise, gespikkelde luise, fusarium en antraknose. Dievariëteit vaar veral goed op swaarder grond, hoewel dit ook op sanderige grond goed presteer.

Mnr. Gert Conradie van die hoofdirektoraat Landbou op Elsenburg, wat betrokke

was by snyproewe met sommige van die nuwe variëteite, is veral opgewonde oor KKS

9595.Hy meen dit is baie belangrik dat lusernkultivars plaaslik geëvalueer word

ten opsigte van aanpasbaarheid en produksiepotensiaal. Daarom is nege lusernlyne (KKS 9595, KKS 3882, KKS 5755, Robusta, KKS 3864, KKS 6641, KKS 6663, KKS 7653 en KKS 8037 ) en twee bekende lusernkultivars - Cuf 101 en SA Standaard - in Junie 1997 volgens 'n lukrake blokontwerp met vier herhalings op die Elsenburg-proefplaas (Hutton-grond) gesaai. Persele van 4 m x 1,2 m is gebruik.

Voor vestiging is kalk, fosfaat, kalium en spoorelemente volgens grondontledings toegedien, en die saad is ook met Rhizobia-bakterieë geënt en toe in rye van 200 mm teen 20 kg/ha gesaai. Besproeiing is met behulp van vogspanningsmeters geskeduleer en het oorhoofs geskied. Geen bemesting is ná vestiging toegedien nie.

Die eerste perseel se lusern is die

eerste keer gesny toe dit ongeveer 20 cm tot 30 cm hoog was. Daarna is dit elke vyf weke gesny om die droëmateriaalproduksie te bepaal.In die vestigingsjaar (1997/1998) was alle geëvalueerde lusernlyne se droëmateriaalproduksie hoër as die verwysingskultivars s'n. KKS 9595, KKS 3864 asook Robusta het goed vertoon en het nie baie van mekaar verskil nie. Cuf 101 en SA Standaard het opmerklik swakker as al die ander lyne gepresteer.

In die tweede jaar (1998/ 1999) was alle geëvalueerde lyne se droëmateriaalproduksie weer hoër as Cuf 101 en SA Standaard s'n. KKS 9595, KKS 3864 asook  Robusta het goed vertoon en het nie baie van mekaar verskil nie.

In die derde jaar (1999/2000) was al die geëvalueerde lyne se droë materiaalproduksie redelik hoër as dievan SA Standaard en Cuf 101. KKS 9595, KKS 3864 asook Robusta het weer goed vertoon en het nie baie van mekaar verskil nie. Cuf 101 het weer betekenisvol swakker as al die ander lusernlyne gevaar.

KKS 9595 was die enigste kultivar wat oor die hele proeftydperk die hoogste of naashoogste droë materiaalproduksie gehandhaaf het, sê mnr. Conradie.

Dit maak hom veral baie opgewonde oor KKS 9595, hoewel verdere navorsing

nodig is om veral die invloed van beweiding te ondersoek. In Amerika was dit al

deeglik onder die soeklig. Die totale of jaarlikse droë materiaalproduksie is egter nie die enigste maatstaf wat 'n lusernkultivar of -lyn se potensiaal aantoon nie. Seisoenale droë materiaalproduksie asook die gehalte van die lusernweiding en weerstand teen insekte en siektes is ook belangrik by kultivarkeuse. Toekomstige lusernnavorsing (oftewel kultivarevaluasieproewe) sal op Elsenburg voortaan meer klem lê op gehalte, waaronder proteïenhoud.

Mnr. Els sê 'n paar ander nuwer variëteite wat in die onlangse verlede vrygestel is, vaar ook baie goed. Jaarliks word groter aanplantings van die variëteite gedoen namate hulle meer bekend word. Dit sluit die volgende variëteite in: WL 525HQ, WL 414, WL 612, en WL 320.

WL 525HQ het getoon dat dit goeie weerstand teen die meeste siektes en plae bied, terwyl sy relatiewe voedingswaarde, verteerbaarheid en blaarrykheid, asook sy produksie van ruproteïen beïndruk. Dievariëteit lewer puik hooi.

Die bekende Southern Special is op sy beurt verbeter en met WL 414 vervang,

wat 'n intermediêre variëteit met 'n goeie weerstand is - veral teen

antraknose, bakteriese verwelksiekte en Verticillium- verwelk, asook die meeste ander plae en peste. Dit maak die variëteit wyd aanpasbaar in baie streke van die land, en vaar goed waar standhoudende besproeiingswater nie beskikbaar is nie. Die plante kan stremmings in 'n mate hanteer en herstel vinnig ná beweiding, of nadat dit gesny is. Dit is dus 'n dubbeldoelvariëteit wat hom goed tot beweiding én sny leen.

WL 612 is die verbeterde variëteit van die meer bekende WL 605, en uitstekende hooi word daarvan gemaak. Dit is 'n vinnige groeier met 'n puik opbrengs, maar moet onder besproeiing aangeplant word. WL 612 is dus baie gevoelig vir watertekorte.

WL 320 is baie blaarryk, wat dus goeie hooi verseker met 'n hoë vlak van proteïen. Dit is 'n droëlandvariëteit wat 'n hoë weidingsdruk kan hanteer. Die variëteit is baie gehard en baie standhoudend, en vaar veral langs die kusgebiede goed weens sy goeie siekteweerstand.

Kontaknrs: Mnr. Gert Els, Kleinkaroo saad, Tel: 044 2035259, Sel 082 4139728, Faks: 044 2791782, e-pos: gertkleinkaroo@mweb.co.za

25 Januarie 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
+0.0%
Rand - Pond
22.38
+0.1%
Rand - Euro
19.66
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.11
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
958.62
-0.9%
Palladium
1,412.19
-0.3%
Goud
1,961.71
-0.6%
Silwer
23.10
-1.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,471
+0.0%
Alle aandele
76,059
+0.0%
Hulpbronne 10
66,191
-0.4%
Industriële 25
102,876
+0.5%
Finansiële 15
15,522
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot