Mnr. Lardus Erasmus, ’n vlieënier van Sandriver Crop Protection, sê vergeleke met ander jare is hulle druk besig en in talle landerye waar hulle moet spuit, kan die boere nie eens met ’n bakkie by hul lande uitkom nie.
“Hulle sukkel selfs om vir ons ’n pin te stuur van presies waar ons moet spuit weens al die water wat paaie en landerye onbegaanbaar maak.
Boonop hou dit nie op met reën nie, en saam met die reën kom daar ’n klomp wind wat ons op die grond hou en dit moeilik maak om betyds deur al die werk te kom.