AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Voorkom 'droogtes' met veldbestuurstelsel

Veldbestuur moet die maksimum veldproduksie en goeie en volhoubare diereprestasie lewer. Weistelsels wat die veld gereeld 'n volle seisoen kan laat rus, kan dit bied.

Beheerde selektiewe beweiding, die veldbestuurstelsel wat al lank as die geskikste vir grasveld in soetveldgebiede in Suid-Afrika aanbeveel word, is nie gewild onder die meeste boere nie. Die toestand van die veld, veral in droër tydperke, is daarom onder druk en voertekorte nie ongewoon nie.

Beheerde selektiewe beweiding behels 'n wisselweidingstelsel volgens die beginsel van matige beweiding van gewenste grassoorte waarna die diere onttrek word totdat daardie grasse voldoende herstel het. Dit is 'n multikampstelsel met minstens ses, maar verkieslik meer kampe per kudde. Enkele boere het sukses met die stelsel gehad, maar dit is in die algemeen nie baie gewild nie.

'n Nuwe benadering tot veldbestuur is nodig, sê dr. Arno Moore, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV). Navorsing die afgelope 15 jaar plaas die beginsels waarop beheerde selektiewe beweiding gegrond is, onder verdenking.

Oorbeweiding weens 'n te hoë veebelading word algemeen as die belangrikste oorsaak van veldagteruitgang beskou. Tegnieke vir die bepaling van weivermoë is gebrekkig terwyl groot seisoenskommeling die gebruik van enige bekende langtermyn-tegniek of -norme feitlik sinneloos maak.

Die meeste veldbestuurstelsels sluit nie doeltreffende voervloeibeplanning volgens seisoene in nie. Korttermyn-voertekorte is daarom eerder die reël as die uitsondering op die meeste plase. Dietekorte gaan dikwels oor in langdurige katastrofiese voertekorte.

Tradisionele veldbestuurstelsels wat aanbeveel word, is duur, terwyl die wetenskaplike grondslag waarop dit berus, onder verdenking is. Eenvoudige stelsels met seisoenale rustydperke kan baie doeltreffender wees en meer smaaklike gras produseer.

Die alternatiewe stelsel wat ontwikkel is, skei veldsoorte (voorkeurgebiede), beperk die getal kampe en die kampgrootte tot die minimum wat vir goeie veebestuur nodig is. Voervloeibeplanning word gedoen deurdat genoeg veld vir 'n volle groeiseisoen rus om as spaarveld te dien in die tydperk waarin die veld nie groei nie.

Dit is 'n buigbare produksiestelsel waarvolgens die veelading op 'n seisoensgrondslag by die veldproduksie aangepas word.

Dr. Moore sê vir die gebruik van die stelsel word aangeneem dat die groeiseisoen vier maande ('n derde van die jaar) lank is. In die4 maande moet die veld genoeg produseer om 12 maande bewei te word. Die veldproduksie wissel van seisoen tot seisoen, wat in ag geneem moet word met die belading van veld.

Navorsing het bewys dat veldproduksie dramaties verhoog waar 'n bestuurstelsel vir rusperiodes van 'n volle groeiseisoen voorsiening maak. Die benutting van veld in die groeiseisoen word opgevolg met twee jaar se rus tydens die groeiseisoen. Veld wat in die groeiseisoen rus, word wel nog in dieselfde jaar bewei, maar dan buite die groeiseisoen. Beweiding in dietyd is nie nadelig vir die veld nie.

Wanneer só 'n stelsel in werking gestel word, is die eerste stap om die verskillende veldtipes op die plaas te identifiseer en te karteer. Elke veldtipe moet in drie dele met gelyke drakrag verdeel word. Dieverdelings word dan gebruik om die plaas in derdes te verdeel waarin elke veldtipe voorkom.

Vir voervloeibeplanning en om seker te maak dat genoeg voer deur die jaar beskikbaar is, moet die jaar in drie "seisoene" verdeel word. Die groeiseisoen is die vyf maande van Desember tot April, die vier wintermaande van Mei tot Augustus en die lente van September tot November.

Die oneweredige verdeling van die maande is om voorsiening te maak vir die verlies aan weiding weens wild en termiete en 'n afname in voedingswaarde van die gras namate die jaar vorder.

In 'n wisselrusprogram word voortaan net een derde van die plaas per seisoen bewei. In die tabel hierbo word die program aangedui waarvolgens die blokke bewei of toegelaat word om te rus. In die eerste jaar word blok 1 in die groeiseisoen bewei, terwyl blok 2 en blok 3 rus. In die tweede jaar word blok 2 in die groeiseisoen bewei terwyl blok 1 en blok 3 rus. In die derde jaar word blok 3 in die groeiseisoen bewei terwyl blok 1 en blok 2 rus.

Die siklus herhaal homself ná drie jaar. Veld wat in die groeiseisoen bewei is, rus dus in die volgende twee opeenvolgende groeiseisoene. Alle vee word tot diederde van die plaas beperk wat in die spesifieke seisoen bewei word.

'n Kamp in 'n blok word tot die voorafbepaalde intensiteit bewei. Die tydperk wat die diere in 'n kamp bly, hang van die beskikbare weidingsmateriaal en die handhawing van aanvaarbare diereprestasie af.

In die groeiseisoen kan diere terugkom na 'n kamp wat vroeër in die seisoen bewei is as die veld genoeg gegroei het. Deur die aantal diere en die aanal dae wat die diere in 'n kamp deurbring, aan te teken, kan die dravermoë van die verskillende kampe mettertyd uit die kamp-aantekeninge vasgestel word.

Na gelang die reënval in seisoene wissel en die

produksie van die veld beïnvloed, kan drie verskillende situasies ontwikkel. Dit

is:

  • Die vee het genoeg benutbare weiding beskikbaar op

    die derde van die plaas wat in die groeiseisoen bewei word. Dieselfde

    veelading sal die volgende sewe maande op die oorblywende twee derdes gedra

    kan word.

  • Die vee het genoeg weiding, maar benut nie ál die voer op diederde van

    die plaas wat in die groeiseisoen bewei word nie. Die veelading kan verhoog

    word of kampe sal vir spesiale behandelings beskikbaar wees.

  • Die vee moet voor die einde van die groeiseisoen noodwendig na die tweede

    (winter-) derde skuif. Die veldproduksie is dus te laag vir die betrokke

    veelading en voer sal beslis in die rustyd skaars wees. Die veelading moet

    dienooreenkomstig en betyds verlaag word.

'n Uitstekende aspek van diestelsel is die praktiese wyse waarop seisoenale veldproduksie deur beweiding aangedui word - wat die bestuurder in staat stel om tydig te kan besin oor veegetalle. Navorsing het bewys dat die veldproduksie in só 'n stelsel aansienlik verhoog, wat verdere stabiliteit aan veeboerdery, veral in droë jare, verleen. Ná die afgelope aantal jare se goeie reën word alom verwag dat droër jare voorlê. In die soetgrasveld-gebiede, soos die Suid-Vrystaat, beteken dit net een ding: Tydperke van voertekort wat selfs tot langdurige "droogtes" kan lei.

Die wisselrusprogram

Jaar

Blok 1

Blok 2

Blok 3

1Des. - April Mei - Aug. Sept. - Nov.
2Sept. - Nov. Des. - April Mei - Aug.
3Mei - Aug. Sept. - Nov. Des. - April
4Des. - April Mei - Aug. Sept. - Nov.
 

Kampe volgens veldverskille

Nie alle grassoorte is weigras nie, daarom moet smaaklike meerja-rige grasse as hoof-voedingsbron benut word. Die boer moet aanvaar dat goeie diereproduksie net be-reik kan word as die diere toegang tot genoeg goeie, smaaklike gras het. Die plaas moet dus beplan en kampe gespan word volgens veldverskille en diere se voorkeur, sê dr. Arno Moore.

Deur die veegetalle by die heersende veld- en klimaatstoestande aan te pas, word die regte veelading gehandhaaf. Dit is belangrik dat die aantal diere en die aantal dae wat 'n kamp bewei word, aangeteken word.

Dit is noodsaaklik dat die veld in die groeiseisoen rus sodat reserwes opgebou en saad geproduseer word en kan ontkiem. Wisselweiding beteken nie noodwendig veldrus nie en vir soetveld word rus vir 'n volle groeiseisoen in 'n rusprogram aanbeveel.

Die stelsel word reeds sedert 1992 met welslae op die proefplaas Mara toegepas. Baie goeie resultate word behaal. Geen probleem is met voerskaarste ondervind nie en veegetalle kon sedert die toepassing van hierdie stelsel in 1992 gehandhaaf word. Die diere presteer ook deurgaans goed.

14 Maart 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot