AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9689,6
63,60
CORN
03 Feb
-
4540
-60,00
SOYA
03 Feb
-
9300
-30,00
SUNS
03 Feb
-
11091
-270,00
WEAT
03 Feb
-
6695
-33,00
WMAZ
03 Feb
-
4317
-12,00
YMAZ
03 Feb
-
4380
-41,00

Warmer winter knou koring in Noord-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Koring onder spilpuntbesproeiing by Prieska. Foto ter illustrasie: Charné Kemp
Koring onder spilpuntbesproeiing by Prieska. Foto ter illustrasie: Charné Kemp
Koringopbrengste in die Noord-Kaap se besproeiingsgebiede is vanjaar sowat ’n derde kleiner as die vorige paar jaar.

Waar gemiddelde opbrengste van 9-10 t/ha en enkele uitskieters van 12 t/ha die afgelope paar jaar nie ongewoon was nie, het boere daar vanjaar gesukkel om meer as 6-7 t/ha te stroop.

Mnr. Schalk Theron van S&L Boerdery by Prieska sê hy dink hulle het ’n bietjie bederf geraak met die goeie seisoene wat hulle tot vanjaar gehad het. “Ons het in ’n stadium opbrengste begin afhaal soos die manne in Europal.”

Hoewel hulle nie misoeste behaal het nie, is kunsmis so duur dat hul insetkoste so gestyg het dat die opbrengs waarby hulle vanjaar gelykspeel, rondom 6 t/ha is.

Koring gaan in stres

Mnr. Gerhard Bruwer van Genade Boerdery by Douglas sê hulle het baie hoë verwagtinge van vanjaar se oes gehad. Die koring was immers “prentjiemooi”.Toe hulle begin oes, het hulle agtergekom hoe swak die gehalte en opbrengs is. “Ek het dit nie in my wildste drome sien kom nie.”

Landboukundiges het vir hom gesê dit kan toegeskryf word aan September en Oktober wat baie warm en bedompig was. “Die hoeveelheid straling daardie twee maande was baie laag, dit was baie bewolk, toe het die swamme net toegeslaan.

“Ons het in September en Oktober vreeslik beurtkrag gehad, tot fase 6. Dis die tyd dat die koring geblom het. Ek dink die koring het in stres gegaan en die swamme het toegeslaan. Toe die swamme toeslaan, het dit die blare vroeër as gewoonlik laat afsterf sodat die plante nie meer kon funksioneer nie.”

Toe hulle boonop ’n week vroeër as gewoonlik begin oes het, het die gevaarligte begin flikker. “Die oes is gemiddeld 30% swakker. Die Noord-Kaap se besproeiingsgebiede het maklik R1,2 miljard tot R1,3 miljard verloor. Dis geld wat uit die gemeenskap uit is. Dit raak almal.” 

Warmer winter

Hoewel daar baie faktore is wat ’n bydrae tot laer opbrengste gelewer het, blyk warmer wintertemperature gedurende spesifieke tye die primêre oorsaak te wees, sê mnr. André Prins, gewasnavorsingsbestuurder by GWK.

“Gemiddelde dagtemperature was gedurende die seisoen nie baie hoër as die langtermyngemiddelde nie, behalwe tydens die blomstadium, toe gemiddelde temperature van tot 32 °C gemeet is.”

Volgens hom is dit ’n kombinasie van baie faktore wat die oespotensiaal onder druk plaas. “Dit is nog nie nou al moontlik om te sê wat die omvang en totale impak hiervan sal wees nie.”

Graanvultydperk korter

Navorsing deur dr. Jerry Hatfield van die Amerikaanse departement van landbou en kollegas het in 2011 bevind dat vir elke graad bo 28 °C tot 2,5%- tot 10%-skade kan lei.

Temperatuur en straling, uitgedruk as die fototermiese koëffisiënt, het ’n regstreekse invloed op fotosintese, veral gedurende die graanvulstadium.

Volgens Prins was die fototermiese koëffisiënt in die Noord-Kaapse besproeiingsgebiede vanjaar 15% laer as die langtermyngemiddelde en die tydperk waarin graanvul plaasgevind het, is met drie tot agt dae verkort.

“Dit het die graangewig, soos gemeet in hektolitermassa, benadeel en sodoende swakker gehalte graan tot gevolg gehad.”

Siektes slaan toe

Nog ’n invloed van die warmer winter is dat dit ideale omstandighede skep vir siektes, soos dié wat deur die swam Fusarium graminearumveroorsaak word.

Fusarium-infeksie vind plaas wanneer die gemiddelde temperatuur 10-28 °C is, sê Prins. “Ons temperature tydens die hoofbesmettingstydperk (blomstadium) was 12,4 °C tot 23,9 °C. Dit was dus ideale temperature vir ontwikkeling van Fusarium. Nagtemperature van onder 5 °C, waarby ontwikkeling onderdruk word, het nie voorgekom nie.”

Drie soorte blaarroes het wyd voorgekom en kan ook aan die gematigde temperature toegeskryf word. Die resultaat van die blaarroes is dat fotosintese nie doeltreffend kan plaasvind nie, en graanvul dus benadeel word.

Produksiepraktyke wat kan help

Prins sê produksiepraktyke wat opbrengspotensiaal kon beïnvloed en in die toekoms oorweeg kan word, sluit in:

Plantdatum. Die plantseisoen was reeds ’n probleem weens ’n laat mielieoes. Dit het veroorsaak dat die spitsaanplanting van koring van middel Junie na Julie, en selfs Augustus, geskuif het, sê Prins. “Die koringoesproses is nog aan die gang, maar dit wil voorkom asof die opbrengs van vroeër aanplantings minder beïnvloed is.”

Primêre bewerking. Volgens Prins het die laat oes van mielies daartoe gelei dat doeltreffende primêre bewerking agterweë gebly het. “Die nat somerseisoen kon daartoe bydra dat bewerking wat wel gedoen is, nie moontlike verdigting in die grond kon ophef nie. Produsente moet seker maak dat daar geen verdigtingslae voorkom nie, aangesien dit siektes soos vrotpootjie kan bevoordeel.”

Kultivar. Daar is vanjaar duidelike verskille tussen kultivars wat meer en minder vatbaar is vir siektes.

Wisselbou. Die aanplant van breëblaargewasse moet baie meer aandag kry om die siektedruk te verlig.

Swambespuiting. Swambespuitings moet reeds vroeg in die seisoen oorweeg word, veral as die klimaat vir swamme ideaal is. Daar is aanduidings dat Fusarium-innokulum reeds vanaf drie weke ná plant kan begin opbou. 

Fusarium-aarskroei

Dr. Gert van Coller, navorser oor plantpatologie by die Wes-Kaapse departement van landbou, het Vrydagoggend op RSG se landbouprogram gesê vanjaar is ’n “epidemiese jaar” vir die siekte Fusarium-aarskroei. Dit word deur die swam Fusarium graminearumveroorsaak.

Die swam het ’n baie wye reeks gashere, maar word veral deur grasgewasse soos koring en mielies gehuisves. Dit kan op die oesreste van vorige seisoene se mielies, koring, gars, hawer en selfs ander grassoorte oorleef.

Koring is op sy vatbaarste vir die siekte as dit in die blomfase is.

Van Coller sê die siekte is elke jaar teenwoordig, maar dis vanjaar so ’n groot probleem te wyte aan wat hy as ’n “perfekte storm” van matige temperatuur van 15-25 °C en hoë relatiewe humiditeit van 80-100% vir lang tye tydens blomtyd beskryf.

Hy besef boere kan nie nou iets daaraan doen nie, maar daar is voorsorgmaatreëls wat hulle in die toekoms kan tref.

Wisselbou is belangrik, maar boere se keuse in die binneland is dikwels beperk tot mielies en sojabone. Al is sojabone ’n swak gasheer vir Fusarium graminearum, kan die swam wortelverrotting by die gewas veroorsaak.

Van Coller beskou lusern as ’n baie goeie keuse, mits grasonkruid vir die hele leeftyd van die lusern bekamp word. “Lusern is gelukkig ’n winsgewende gewas en vir vyf tot sewe jaar het jy nie ’n gasheer vir F. graminearum nie.

“Die groot geheim met lusern is omdat dit ’n meerjarige plant is, ontwikkel baie grasonkruid. Boere moet die gras daarom goed bestuur. As jy sewe jaar lusern gehad het, en daar was baie grasonkruid, kan die siekte steeds teenwoordig wees omdat daar ’n gasheer was.”

Wat die chemiese bestryding van Fusarium graminearum betref, is daar tans nie enige middel daarteen geregistreer in Suid-Afrika nie.

Volgens Van Coller het hulle middels wat in ander lande geregistreer is, getoets. “Die groot geheim met chemiese bestryding is dat jy dit in die vatbare tydperk moet toedien, met ander woorde as die koring blom.”

Eweneens moet die teikengebied op die plant, wat die koringaar is, bereik word. As daar reg van bo gespuit word, kan die baard keer dat die spuitstof die teiken bereik.

Van Coller sê dit beteken dat die spuitstuk so gestel moet word dat dit teen 55-60 grade spuit. Hy sê party koringkultivars is ook meer bestand teen Fusarium as ander.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.97
-0.3%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,025.99
+0.1%
Palladium
1,697.04
+1.6%
Goud
1,914.99
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,799
+0.2%
Alle aandele
79,957
+0.2%
Hulpbronne 10
74,747
+0.1%
Industriële 25
102,952
+0.3%
Finansiële 15
16,593
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot