AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

‘Wat op die land staan, is ’n wonderwerk’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Oestyd. Foto: Sarita Uys
Oestyd. Foto: Sarita Uys
Boere in die westelike en oostelike droër dele van die Wes-Kaapse graangebiede sê hulle het skaars die helfte van hul normale reën vir die groeiseisoen gekry, maar tog staan daar ’n oes op die land.

“Dit wat op die land staan, is ’n wonderwerk,” meen mnr. Anton Mouton wat by Eendekuil boer. “Die graan hou verbasend goed, al gaan dit stadig, maar seker agteruit.”

Hulle het van April af nog net 120 mm reën gekry. Dit sal nog help as hulle binnekort reën kry. In die stadium glo hy nog hulle sal vanjaar oes.

Hy sê die lupiene gaan vermoedelik moeilik oes. “Dis baie stadig en kort en het net klein peultjies op die hoofhalms gedra.”

Weiding is volgens hom van die begin van die jaar af skaars. “Ons voer nog nie, maar sal ons lammers moet afrond, en ruvoer is skaars. Ons sukkel om hooi te kry en lusern is half onbetaalbaar duur.” 

Ondergemiddelde jaar

Mnr. Willem Rossouw van The Rest by Eendekuil sê drie weke gelede het die oes nog bogemiddelde potensiaal getoon, maar nou is dit ondergemiddeld.

“Dis droog. Reën sal nog baie beteken, maar dit raak nou laat.”

Die koring het al begin verkleur en die kanola is vanjaar ondergemiddeld. “Hier is kampe wat goed lyk, maar oor die algemeen was die seisoen te kort.”

Hy sê as hy kyk na die 120 mm tot 160 mm reën wat hulle van 1 April af gekry het, is dit wat op die lande staan, eintlik ’n wonderwerk. “Vir 120 mm reën moet ons eintlik niks oes nie, maar ek dink die opbrengs kan 1,8 t/ha tot 2,2 t/ha wees. Ons maak ons maar reg vir ’n ondergemiddelde jaar.” 

Koel weer help

Hoewel dit sedert begin Augustus nie juis op die Heidelbergvlakte gereën het nie, het die koel weer tot dusver gehelp dat die gesaaides nie doodbrand nie, sê mnr. Pieter Gildenhuys van Kleinbosheuwel by Heidelberg.

Ten spyte daarvan dat hulle net 100 mm (die helfte van hul langtermyngemiddelde) reën van April tot einde September gekry het, lyk hul graan eintlik goed.

“Ek is verstom oor wat hier staan. Ek kan nie glo dat daar so baie peule aan die kanolaplante is nie en hoe goed die lusern wat ons daarin ondergesaai het, groei nie.”

Gildenhuys sê die gars is ook “verbasend” goed omdat hulle vroeg geplant het. “Dit lyk mooi en vet. Ons is net bekommerd oor wat die stikstofvlakke gaan wees. Ons gaan vir seker vanjaar stroop. Dit gaan nog ’n lekker gemiddelde oes wees. Ek hoop net nie die koring is so maer dat dit nie genoeg skepel nie.”

Die 15 mm donderweerreën wat hulle op 27 September gekry het, kan nog tot voordeel wees van die graan wat later geplant is.

Hulle was genoodsaak om kuilvoer te maak van die koring wat hulle op huurgrond by Witsand geplant het. “Ons het gehoop die reën kom betyds, maar moes die besluit neem om darem iets daaruit te kry.”

Die weidingsituasie is vanweë die min reën so swak dat hulle al van die begin van die jaar af hul diere voer. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot