Roland het produsente geloof vir die groei wat die landbousektor getoon het. Die landbou was die toppresterende sektor en het met 25% ná covid-19 gegroei. Dis ’n merkwaardige syfer.
Maar hoe vaar die ander? In die graan-en-oliesade-waardeketting is ’n vergelyking van die onderskeie sektore se prestasie nodig om te weet waar die knelpunte in die waardeketting is wat keer dat dit optimaal funksioneer.
Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die JSE se stoortariewe jaarliks bygewerk word deur die styging in die produsenteprysindeks (PPI) (finale vervaardigde goedere) op ’n jaargrondslag te gebruik.