AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wen-boneboer loof spanwerk

Dit lê voor die hand dat die sakegerigtheid van die moderne boerdery nie duld dat 'n boer slap lê nie. Dit gaan immers om regmatige wins binne 'n milieu van kostedruk wat vereis dat elke onderafdeling van enige produksieproses, ongeag die produk, so goed moontlik bestuur en uitgevoer moet word. Daarom is spanwerk in die jongste tyd 'n kenmerk van bykans elke suksesvolle boerdery.

'n Goeie voorbeeld hiervan is die akkerbou op Vyfhoek, Amersfoort, waar mnr. Stefan van der Merwe vanjaar mielies, droëbone, koring en sojabone op 527 ha onder spilpunte en op 670 ha droëland verbou.

Sy ondersteuningspan bestaan uit die volgende mense: Sy vrou, Lena, wat in beheer is van die boerdery se boekhouding; dr. De Buys Scott, bekende plantsiektekundige en verspreider van unieke blaarvoedingprodukte; mnr. Igni Bouwer, landboukundige en raadgewer oor beplanning, bemesting en chemikalieë; en mnr. Wessel Wessels, streekverteenwoordiger van die Droëboneprodusente-organisasie (DPO), wie se kennis ten opsigte van bemarking baie waardevol is. "My naam staan op die trofee, maar dit is diespanpoging wat daarvoor verantwoordelik was dat ek vir die 2000/01-oes die toekenning as Boneboer van die Jaar ontvang het. Buitendien is droëbone waarskynlik die één gewas wat boere in die somersaaigebied deur die afgelope dekade se moeilike jare gedra het," sê mnr. Van der Merwe.

Benewens hierdie omvattende benadering ten opsigte van bestuur, is daar volgens hom vyf basiese aspekte van droëboonproduksie wat vir welslae in ag geneem moet word. Dit is die klimaat, die waarde van droëbone as alternatiewe gewas, die rol van die gewas in 'n wisselboustelsel, die bemarkingsmoontlikhede van die produk en die absolute vereiste om net saad wat as siektevry gesertifiseer is, te gebruik.

Die weerpatrone is grootliks onvoorspelbaar. Weerrekords en ervaring stel die grense waarbinne 'n boer moet beplan. In sy omgewing is November en Desember die reënmaande en dus planttyd. Januarie en Februarie is droër maande, wanneer dit soms ook baie warm is, terwyl die nóg droër April en Mei goeie strooptyd is. 'n Belangrike gevaarpunt is dat bone hul blomme en klein peultjies begin afspeen sodra die dagtemperatuur tot 28 °C en hoër begin styg.

Beplanning en aanvoeling as vennote is die enigste manier om produksie binne hierdie drie spitstye te bestuur. "Dit is waarom dit so belangrik is om te weet hoeveel dae vir elke kultivar nodig is om te groei van planttyd tot blomtyd tot rypwording," sê mnr. Van der Merwe. Sy raad is dat dit help om toe te sien dat 'n hele aanplanting nie tydens 'n hittegolf blom nie, of, nog beter, om op twee of selfs drie verskillende tye te plant.

As alternatiewe gewas is droëbone ideaal vir risikoverspreiding. Sy ervaring is dat dit 'n goeie "opmaker" vir 'n swak mielie- of koringoes kan wees. Dit help veral om kontantvloei beter deur die jaar te versprei. 'n Mens werk ook gewoonlik met bone in ander tye van die jaar as met die ander hoofgewasse. Dit bring mee dat trekkers, ander werktuie en werkers ook kostedoeltreffender benut kan word.

Saaiboere ken almal die voordele van wisselbou met veral graan- en peulgewasse: Die onderbreking van siektesiklusse in albei gevalle; die voordeel van vrygestelde stikstof in die grond ná 'n peulgewas; die vlakker wortelstelsel van bone wat nie ál die vog uit die grond onttrek nie, en mielies wat vroeër op boonlande geplant word omdat daar nie opslagmielies is nie. (Laasgenoemde verminder onkruiddodergebruik.) Mnr. Van der Merwe sê statistiek toon dat 'n mens maklik 1 ton méér mielies per hektaar op dieselfde land ná 'n droëbone-oes kan verwag.

Vir hom bied bone in sy wisselbouprogram 'n unieke geleentheid om veral op droëland die voginhoud van sy grond beter te bestuur. Ná 'n mielie-oes rus 'n land 'n jaar lank. Die tweede jaar volg bone en in die derde jaar mielies, waarna die land weer vir 'n jaar rus voordat bone geplant word.

Só 'n stelsel verg egter streng dissipline. Sodra die mielie-oes af is, word die grond 450 mm diep losgemaak. (Dit word deur die jaar onkruidvry gehou.) Dit is die enigste manier om die maksimum vog te bewaar. Genoeg grondvog is ook 'n doeltreffende manier om die stresfaktor by die boneplante te verlaag wanneer tewarm dae gedurende die blomtyd ondervind word. Onder besproeiing volg koring of mielies ná 'n droëbone-oes. Al om die derde jaar is bone terug op dieselfde land.

By enige verbruikergerigte boerdery begin produksiebeplanning by bemarking. Daarom doen mnr. Van der Merwe moeite om voor planttyd te bepaal na watter kultivars die vraag goed is. Die volgende stap is om voorseisoenkontrakte vir sy beplande oes te beding - verkieslik met 'n vrywaringsklousule daarin.

"Dit is 'n belangrike deel van die DPO se voorligtingsdiens aan lede om onder meer kultivars op grond van vraag te evalueer, en ook om kopers en produsente met mekaar in verbinding te stel," sê mnr. Wessels. Op grond hiervan het hy verlede jaar byvoorbeeld 30 ha van die suikerboonkultivar Jenny onder besproeiing vir die uitvoermark geplant. Dit is aangevul met 80 ha Thebus (klein, wit) onder besproeiing en 310 ha op droëland - alles op grond van voorseisoenkontrakte. Thebus het gemiddeld 1,75 t/ha op droëland en 2,5 t/ha onder besproeiing gelewer, teenoor die 3 t/ha van Jenny onder besproeiing. Dit was die eerste keer dat 'n groep boere saam met Afgri (voorheen OTK) die uitvoermark met droëbone betree het.

"Die produksiekoste van droëbone is tehoog om die risiko te loop deur saad te plant wat nie as siektevry gesertifiseer is nie," sê mnr. Van der Merwe. Afgesien van probleme soos swak ontkieming en swak oeste as gevolg van siektes wat ten duurste bestry moet word, kan grondgedraagde siektes veroorsaak dat bone 'n paar jaar lank nie op 'n besmette land geplant kan word nie.

Mnr. Bouwer hanteer die jaarlikse grondontledings en bemestingsprogramme op Vyfhoek. Kalk word gebruik om die pH van droëboonlande hoër as 5 te kry. Volgens hom is die gemiddelde opbrengs van die gewas op die Hoëveld 1,5 t/ha. Daarvoor word per hektaar gemiddeld 200 kg van die mengsel 4:3:4 (33) + Zn met planttyd gebandplaas. Ses weke ná opkoms volg 'n topbemesting van 50 kg tot 75 kg KAN per hektaar. Alle bemestingsprogramme word op grondontledings gebaseer.

Die eerste bespuiting bevat 'n grasdoder wat saam met 'n snywurmmiddel met planttyd op die baan toegedien word. Swamsiektes soos antraknose en Sclerotinia word bekamp deur een of twee swamdoderbespuitings na gelang van die seisoen, terwyl bruinroes ook bestry moet word.

Bolwurm beïnvloed die gehalte van die bone. Die plante word minstens twee keer daarteen bespuit - die eerste keer sodra die eerste peule vorm.

"Van ál die akkerbougewasse is droëbone dieeen wat die meeste by blaarvoeding baat vind. Die gewas is baie sensitief vir kalsium- en kaliumtekorte, asook spoorelementtekorte soos sink en koper. Daarom is siektesimptome nie altyd die gevolg van bakteriese siektes nie. Voedingsiektes se skade by droëbone word dikwels onderskat. Só kan 'n kopertekort maklik met bakteriese siektes verwar word," sê dr. Scott. Bakteriese kopermiddels sal in só 'n geval die tekort verlig, maar nie die probleem oplos nie.

Mnr. Van der Merwe het die afgelope seisoen die eerste keer op aanbeveling van dr. Scott 'n unieke reeks plantvoedingstowwe as aanvulling by sy droëbone gebruik. Die behoefte aan sulke aanvullings word met behulp van grondontledings bepaal. 'n Spesiale grondontledingsmetode word gebruik om die beskikbaarheid van spoorelemente in die grond te bepaal. Dieboerdery se beplanning vir die komende oes lyk soos volg: Onder besproeiing - 250 ha koring, 175 ha droëbone en 111 ha mielies; op droëland - 154 ha sojabone, 110 ha droëbone en 406 ha mielies. 20 September 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot