Die topmielie-opbrengs in die Oos-Vrystaat vir 2019-’20 in Graan SA se Groei vir Goud-kompetisie is behaal deur mnr. Jaco Breytenbach, bestuurslid van Graan SA, wat sedert 1987 op die plaas Lorenzo by Fouriesburg boer.
Ná ’n paar swaarkryjare het die reën uiteindelik in 2019 op die regte tyd begin val. Dié seisoen het die beste mielie-opbrengs opgelewer wat hy tot nog toe behaal het. Hy het ’n blok van 2 ha op een van sy beste lande vir die kompetisie ingeskryf.
Met ’n opbrengs van 13,63 t/ha met die DeKalb-kultivar DKC72-74R het hy met die louere weggestap. Breytenbach som sy boerderyfilosofie só op: