Ná die beslissing van die appèlraad in Desember 2021 oor inspeksietariewe vir die opbergingsektor het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling belanghebbendes in die graan- en oliesadesektor genooi om voor einde Januarie 2022 insette oor ’n gewysigde standaardbedryfsprosedure (SBP) te maak.
Agbiz Grain meen die gradering van graan en oliesade, vir handelsdoeleindes soos vereis deur die Wet op Landbouprodukte (Wet 47 van 1996), word sedert deregulering voldoende selfgereguleer sonder onnodige koste vir almal vanaf die produsent tot eindverbruiker.
Agbiz Grain het tydens die appèlverhoor beswaar gemaak dat nie met die sektore oor die SBP ooreengekom is voordat Leaf Services die inspeksietariewe bepaal het nie.