AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Zamukele-program se wenners gevier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vanjaar se topprodusente in Schoeman Groep se Zamukele-program is op ’n geleentheid by die groep se witboonaanleg op Delmas aangewys. Van links is me. Elna Schoeman, mnr. Kallie Schoeman, besturende direkteur van die Schoeman Groep, mnr. Mothini Pholo (hoogste opbrengs behaal), me. Athalia Lolwane (skoonste graan), mnr. Ramodisa Monaisa (beste vordering), mnr. Petrus Tsotetsi (skoonste lande) en mnr. Success Mdluli (programbestuurder).
Vanjaar se topprodusente in Schoeman Groep se Zamukele-program is op ’n geleentheid by die groep se witboonaanleg op Delmas aangewys. Van links is me. Elna Schoeman, mnr. Kallie Schoeman, besturende direkteur van die Schoeman Groep, mnr. Mothini Pholo (hoogste opbrengs behaal), me. Athalia Lolwane (skoonste graan), mnr. Ramodisa Monaisa (beste vordering), mnr. Petrus Tsotetsi (skoonste lande) en mnr. Success Mdluli (programbestuurder).
Die landboumaatskappy die Schoeman Groep het tydens ’n geleentheid by sy witboonaanleg op Delmas hulde gebring aan sy groep gekontrakteerde produsente.

Mnr. HS van der Linde, die Schoeman Groep se hoofbestuurder vir droëbone, het gesê ten spyte van ’n moeilike seisoen het die groep boere uitstekend presteer. “Die afgelope seisoen was nie maklik nie. Ons produsente moes rekening hou met swaar reën wat tot produksieskade gelei het en sommige moes boonop kwessies met grondeienaarskap te bowe kom.”

Mnr. Success Mdluli, programbestuurder by Zamukele, het gesê die program het in 2018 ontstaan. “Zamukele is ’n divisie onder die Schoeman Groep en het ten doel om ontwikkelende droëboonprodusente tot kommersiële produsente te laat ontwikkel. Die program verskaf insette, wat saad, kunsmis en tegniese voorligtingsdienste insluit, op ’n leenbasis aan hierdie boere, wat dan die insetkoste terugbetaal nadat hulle hul produk gelewer het. Zamukele is dus nie ’n bemagtigingsinisiatief of welsyn nie, maar ’n volwaardige landbouprojek met die doel om boere te help groei.”

Die program ondersteun tans 63 boere in vyf provinsies – Mpumalanga, die Vrystaat, Limpopo, Gauteng en Noordwes – met behulp van agt vennote, insluitend die Schoeman Groep wat die program help finansier, AgriTechnovation, Tiger Brands, Rhodes, Laeveld Agrochem, TriFert, Pannar en John Deere.

Boere wat by Zamukele wil inskakel, word versigtig oorweeg, het Mdluli gesê. “Ons soek boere wat reeds oor hul eie masjinerie beskik, en wie se gewasproduksieprogram droëbone as wisselbougewas kan akkommodeer. Hierdie mense moet dus reeds oor kennis en ervaring van die landbou beskik, hul begrotings kan bestuur en weet hoe om te boer. Zamukele is nie ’n beginplek vir diegene wat daaraan dink om te begin boer nie.”

’n Moeilike seisoen

Die afgelope seisoen het nie die ideale omstandighede aan droëboonboere gebied nie en die Zamukele-program het ook terugslae beleef.

Mdluli het gesê nogtans het die boere wat aan die program deelgeneem het, steeds daarin geslaag om ’n paar rekords te verbeter. “Ons het vanjaar die hoogste aanplantings nog gehad met 2 196 ha wat met witbone beplant is en ’n nuwe rekordoes van 1 145 ton is behaal. Ongelukkig was die seisoen nie baie gunstig vir droëboonproduksie nie, en die boere het ’n gemiddelde opbrengs van 0,5 t/ha behaal.”

Wenners met die wil om te groei

Vanjaar se topprodusente het toekennings ontvang vir die hoogste opbrengs, die skoonste graan, lande wat onkruidvry gehou is en die produsente wat die beste vordering getoon het.

Mnr. Mothini Pholo van Lichtenburg in Noordwes het die hoogste opbrengs van 1,6 t/ha behaal, met mnr. Ramodisa Monaisa van die distrik Gelukspan in Noordwes wat die beste vordering getoon het. Monaisa het van ’n beginoes van 230 kg/ha tot sy beste opbrengs van byna 1,6 t/ha gegroei. Me. Athalia Lolwane van Lichtenburg het die toekenning vir die skoonste graan ontvang en het ’n opbrengs van sowat 1,3 t/ha behaal, terwyl mnr. Petrus Tsotetsi van Kestell in die Vrystaat die toekenning vir die skoonste lande ontvang het.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.14
+0.3%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons sien
Ek lewe vir die buitelewe en die bos. Ek hou van jag, visvang, herlaai en skiet. My uitkyk op die lewe is om altyd eerlik te wees. Ek geniet intelligente geselskap.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot