Antwoord: ’n Eksekuteur word ingevolge ’n aanstelling in ’n testament aangestel. Daar is slegs een manier waarop ’n eksekuteur vervang kan word, en dit is wanneer die eksekuteur, in hierdie geval die bank, afstand doen van sy aanstelling as eksekuteur.
Slegs dan sal ’n ander eksekuteur aangestel kan word. Hou egter in gedagte dat by die aanstelling van ’n ander eksekuteur die meester van die hooggeregshof kan vereis dat so ’n eksekuteur sekerheid aan die meester moet stel vir die uitvoering van sy opdrag as eksekuteur.