Die aanstelling van ’n voog by wyse van ’n testament kan slegs in werking tree wanneer albei ouers oorlede is en wanneer die voog sy of haar aanstelling uitdruklik aanvaar.
’n Voog se taak sluit tipies die verantwoordelikheid in om na die liggaamlike en emosionele versorging van die kind om te sien, asook om so ’n kind met kontraktuele aangeleenthede by te staan en toestemming te gee vir byvoorbeeld ’n aansoek om ’n paspoort vir reise buite die landsgrense, asook om in die huwelik te tree.
Die finansiële implikasies van sodanige aanstelling moet deeglik oorweeg word. Dit bly belangrik om voldoende voorsiening vir die finansiële implikasies van so ’n aanstelling te maak.