Die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) het onlangs ’n voorlopige bevinding gemaak dat maatskappye in België, Nederland en Duitsland bevrore aartappelskyfies in Suid-Afrika stort en het daarom voorlopige teenstortingstariewe ingestel.
Itac het ook in 2014 beslis dat skyfies uit Nederland en België gestort word en teenstortingstariewe het van 2016 tot begin 2021 gegeld. Verwringing van die internasionale voedselmark laat veral boere in ontwikkelende lande weerloos, soos in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie se aartappelbedryf.
Suid-Afrika het in 2010, vergeleke met 2009, ’n 163%-styging in invoer van bevrore aartappelprodukte ervaar. Altesaam 84% hiervan het uit die EU gekom, hoofsaaklik uit België en Nederland.