Die huurinkomste uit vaste eiendom in Brittanje wat verhuur word, vorm deel van ’n mens se gereelde inkomste. Dit moet in die spesifieke belastingjaar in Suid-Afrika as bruto inkomste verklaar word sodat jy daarop belas kan word.
Net so kan beleggings in Brittanje ’n beleggingsinkomste voorsien – rente en/of dividende – wat gewoonlik reeds in Brittanje belas word.
Aangesien Suid-Afrika ’n inwonerbasis-belastingstelsel (residence based taxation) het, word alle wêreldwye inkomste in Suid-Afrika verklaar en belas.