Die meester van die hooggeregshof is verantwoordelik vir die administrasie van boedels en om die belange van krediteure, erfgename en ander persone met ’n eis teen ’n boedel te beskerm.
Die meester behartig ook aangeleenthede rondom trusts, soos bepaal in artikel 3 van die Wet op die Beheer oor Trustgoed (Wet 57 van 1988). Daar is vyftien meesterskantore reg oor Suid-Afrika. In die afgelope jaar het die meester aangedui dat daar ’n ongekende agterstand met die kantore se werk is.
Die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika (Fisa) het aangevoer dat daar onlangs bemoedigende ontwikkelinge was, maar dat die situasie steeds beroerd is.