Hulle is nie getroud nie. Ek betaal as eienaar die munisipale rekening en dit plaas groot finansiële druk op my. Die gevolg is dat die rekening tans R3 500 agterstallig is.
Die vruggebruiker ontvang huurgeld van R2 000 per maand, maar sê ek is as die eienaar alleen verantwoordelik vir alles, van die munisipale rekening tot die instandhouding en die skoonmaak van die erf. Ek meen dit is onregverdig.
’n Familielid van die man het ook ingetrek. Hoewel ek die polisie genader het, kon hulle hom nie van die erf verwyder nie omdat my ma hom toestemming gegee het om daar te woon.