Van jongs af was Arné Stander (31) gefassineer deur insekte. Hy was die seuntjie wat spinnekoppe en skerpioene aangehou en bidsprinkane met vlieë gevoer het.
Dié hartstog het uiteindelik gelei tot sy droomwerk as inwonende entomoloog by Babylonstoren in die Drakenstein-vallei, waar hy onder meer verantwoordelik is vir die plaas se Kaapse heuningby-bevolking.
Arné sien om na die sowat 50 korwe op die plaas, hou die bye se welstand dop en maak korte mette van uitheemse roofinsekte, soos Duitse wespe (Vespula germanica) wat waag om dié bestuiwers se lewe te bedreig.