Toe navorsers van die Amerikaanse publikasie The Land Report probeer vasstel wie onlangs byna 6 000 ha landbougrond in die opvangsgebied van die Columbiarivier in die deelstaat Washington gekoop het, was hulle uiters verbaas om uit te vind dit was die sakeman Bill Gates.
Tot hul verdere verbasing het hulle later vasgestel dat dié stigter van Microsoft reeds 98 000 ha plaasgrond in verskeie deelstate van Amerika besit.
Naas die feit dat hy die derde rykste mens ter wêreld is, maak die plaasgrond wat hy besit, van hom die grootste enkele private eienaar van grond in Amerika.