Die meeste mense is onbewus van al die koste wat verband hou met die oordrag van eiendom, totdat die rekeninge daar aankom. Dan is dit ’n groot skok. Die koste is die koper van die eiendom se verantwoordelikheid.
Dit bestaan uit die hereregte (belasting aan die staat), die oordragprokureur se geld (om die eiendom op jou naam te kry), die verbandprokureur se geld (wat vir die bank werk en sorg dat daar ’n verband geregistreer word) en die vaste koste (wat van tyd tot tyd verander).
Hierdie is die vaste koste vandag as die eiendom se waarde R1 miljoen is: Akte-soektarief – R195. Posgeld en klein uitgawes – R 1 150. Fica – R320. Elektroniese generering van dokumente – R289,95. Hereregtetarief (bykomend tot hereregte) – R235,18. Pro rata-gedeelte met betrekking tot tariewe en belasting – R3 500 (dit kan wissel). Tariefaansoekkoste en naamsverandering – R820.