Daar is ’n paar punte wat problematies kan wees as dit deel van ’n mens se testament uitmaak, soos hieronder bespreek.
Jou wense oor jou teraardebestelling. Talle kliënte beskryf hul wense oor hul teraardebestelling, hetsy ’n begrafnis, verassing of akwamasie, met groot omsigtigheid in hul testament.
In die meeste gevalle sal die oorlewende familielede eers lank ná die plaasvind van hierdie gebeurtenis na die bepalings in die testament verwys, en dan is dit dalk te laat om uitvoering aan jou wense te gee. Maak seker dat jou naasbestaandes vooraf deeglik bewus is van jou wense, indien enige, in hierdie verband.