Die Boedelbelastingwet (Wet 45 van 1955) bepaal dat boedelbelasting teen ’n koers van 20% betaalbaar is by boedels met ’n belasbare waarde van onder R30 000 000, en 25% op die gedeelte van die belasbare boedel wat R30 000 000 oorskry.
Hierdie wet bepaal ook welke bates en geagte bates deel vorm van die bruto belasbare boedel, asook welke bates en geagte bates uitgesluit is van die boedel vir doeleindes van die berekening van boedelbelasting.
’n Algemene wanindruk bestaan dat die oorledene se boedel altyd aanspreeklik is vir die betaling van ál die boedelbelasting wat gehef word teen die belasbare boedel.