AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Goeie vorige oes dra by tot stewige TWK-resultate

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
Ter illustrasie. Foto: Charl van Rooyen
TWK het ’n goeie boekjaar agter die rug, onder meer danksy kunsmis- en landboumasjinerieverkope en groei in produksiefinansiering aan boere.

Die gediversifiseerde landbou-en-bosboumaatskappy, wat op die Kaapstadse Sekuriteitebeurs genoteer is, se inkomste uit voortgesette bedrywighede het in die boekjaar tot 31 Augustus 2022 met 17,79% tot R9,96 miljard gestyg, sy verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) met 27,54% tot R673,32 miljoen en sy wesensverdienste per aandeel met 45,03%.

Mnr. André Myburgh, uitvoerende hoof, sê die meeste van hul produsente, wat in somersaaigebiede is, is in ’n goeie finansiële posisie ná die vorige goeie jaar.

“Boere verminder almal hul kunsmistoediening, maar danksy die vorige goeie jaar kan die meeste produsente die hoër koste van insette absorbeer.

“Ons groot bekommernis was of kommoditeitspryse op dieselfde vlakke gaan bly. Dit lyk wel so, want die internasionale voorraadvlakke is laag, met onder meer Argentinië en Amerika wat weens die La Niña-weerstelsel die teenoorgestelde omstandighede as Suid-Afrika het.”

Myburgh sê ’n mens kan wel verwag dat boere se marges in die huidige seisoen laer gaan wees as in die vorige seisoen.

Die beskikbaarheid van kunsmis is knap, maar dit is beskikbaar.

Meganisasie-verkope groei

Inkomste in TWK se kleinhandel- en meganisasie-afdeling het met 27,76% gestyg, hoofsaaklik weens die skerp styging in kunsmisprodukpryse, wat vir laer verkoopsvolume vergoed het, en goeie verkope in die meganisasie-afdeling.

Laasgenoemde is aangedryf deur ’n merkbare styging in die aandeel van kommersiële boere, veral in KwaZulu-Natal, asook ’n styging in die mark vir opkomende boere, hoewel van ’n lae basis af. Verkope van meganisasie-eenhede het met 37% tot 210 eenhede gestyg.

Myburgh sê ná die vorige goeie jaar het baie boere kapitaaltoerusting vervang en opgegradeer. Beskikbaarheid is steeds ’n kwessie, maar dit is al beter as vroeër.

Hy sê produksietoestande vir die huidige seisoen lyk baie goed, al was die reën bietjie later as gewoonlik.

TWK se produsente sal na verwagting meer soja plant en dit raak die maatskappy deurdat soja minder kunsmis verg en omdat deurlugting baie belangrik is by die opberging van soja in silo’s.

Meer produksiekrediet

Die inkomste van TWK se afdeling vir finansiële dienste het met 21,03% gestyg van R182,06 miljoen in Augustus 2021 tot R220,33 miljoen in Augustus vanjaar. Die produksiekredietboek het met 48,8% gegroei en het op sy hoogtepunt in die 2021-’22-boekjaar R808,6 miljoen beloop.

Myburgh skryf dit daaraan toe dat TWK baie nuwe kliënte gekry het, veral weens die Land Bank se onvermoë om lenings toe te staan, en ook omdat bestaande kliënte vir die styging in insetkoste moes voorsiening maak.

‘Selfdoen’ by hawe

Die inkomste van TWK se houtafdeling het met 16,65% gestyg, hoofsaaklik weens beter verkoopsprestasie ten opsigte van die uitvoer van houtspaanders, timmerhout en behandelde pale-produkte, asook houtverkope.

“Ons begin al hoe meer na Europa uitvoer, soos na Spanje en Portugal. Viëtnam het die maksimum hoeveelheid bereik wat hy kan voorsien, Australië het sy plantasies verminder en sy voorsiening neem baie af, en China het baie nuwe pulpmeulens wat nou aanlyn kom. Die internasionale vraag is hoër as die aanbod en die pryse in die nuwe jaar gaan daarom relatief hoër wees.

“Ons uitvoervolume het gegroei van 400 000 ton in die vorige boekjaar tot 600 000 ton in die jongste boekjaar. Ons hoop dit kan in die huidige boekjaar groei tot 800 000 ton.”

Omstandighede by hawens bly ’n probleem. “Ons is in gesprek met Transnet oor ’n openbare-private vennootskap sodat ons ’n deel van die bedrywighede in die Richardsbaaihawe, soos die laaiwerk, kan oorneem en onderhou. As ons dit nie doen nie, kan dit ons volhoubaarheid raak.”

Tydens die onlangse staking by hawens het TWK ingespring en met laaiwerk gehelp.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
+1.8%
Rand - Pond
21.10
+1.1%
Rand - Euro
18.14
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.7%
Goud
1,794.43
-0.2%
Silwer
23.01
-0.6%
Palladium
1,911.50
+0.6%
Platinum
1,021.00
+0.1%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,164
+1.4%
Alle aandele
75,326
+1.4%
Hulpbronne 10
75,036
+1.4%
Industriële 25
92,332
+0.8%
Finansiële 15
15,844
+2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Altyd sonnig en vol pret
Altyd sonnig en vrolik. Intelligent met n groot sin vir humor. Groot hart. Jy sal altyd glimlag of lag met my in die omtrek
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot