Indien ek nie betaal nie, moet ek die huis ontruim. Gedurende my 22 jaar verblyf het ek elke jaar veldbrande bestry op eie koste, want ek het tot onlangs alleen op die plaas gewoon sonder bystand van die eienaar.
Wat staan my te doen? Is daar enige wet wat my beskerm en verblyfreg verleen, of moet ek maar stilbly en trek?
Artikel 1 (c) van die Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Wet 62 van 1997), ook bekend as Esta, definieer ’n okkupeerder op landbougrond soos volg: “ ’n Persoon wat op grond woon wat aan ’n ander persoon behoort, en wat op 4 Februarie 1997 of daarna toestemming of ’n ander wetlike reg gehad het om daar te woon, maar uitgesluit ’n persoon wat ’n inkomste het wat die voorgeskrewe bedrag oorskry (synde R5 000 per maand op die betrokke tydstip).”