Sy het ingewoon, maar afsonderlik van my pa gebly. Ek is die erfgenaam van die huis en het haar gevra om uit te trek, aangesien ek die huis wil verkoop sodra die boedel afgehandel is.
Ek vermoed ook sy wil vergoeding eis uit die boedel. Daar is ’n brief waarin my pa haar 13 jaar gelede as huishoudster aangestel het en sy het ’n salaris daarvoor ontvang. Wat staan my te doen?
Antwoord: Met die dood van jou pa is die dienskontrak met die huishoudster beëindig en sy boedel is enige uitstaande salaris en verlofgeld aan haar verskuldig.