Dit is luidens ’n artikel in die African Journal of Wildlife Research wat bevindinge bevat van me. Emma Swartz as deel van haar MSc-navorsing in wildlewebestuur aan die Universiteit van Pretoria (UP).
Dit is geskryf met die samewerking van dr. Sina Weier van die Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel in biodiversiteitswaarde en -verandering aan die Universiteit van Venda, en dr. Mariëtte Pretorius en prof. Mark Keith van die Eugène Marais-leerstoel in natuurlewebestuur aan die UP.
Suid-Afrika is tans een van die grootste makadamianeutprodusente ter wêreld. Aanplantings teen ongeveer 5 000 ha per jaar gaan voort. Swartz sê dit is belangrik om soveel veld moontlik in en om boorde te probeer behou.