Likiditeit in ’n bestorwe boedel is noodsaaklik om te verseker dat die eksekuteur al die koste verbonde aan die bereddering van die boedel, waaronder alle belastings, kan betaal en al die tersaaklike skuld kan delg.
Waar daar genoeg likiditeit in die boedel is, hoef bates nie te gelde gemaak te word of die erfgename genader te word vir bydraes om likiditeit teweeg te bring nie. ’n Verkoop van boedelbates kan nadelig wees vir die erfgename van die boedel.
Dit is moontlik dat ’n boer geen skuld het nie, maar dat daar vanweë die soort bates in sy boedel steeds belasting betaalbaar en ’n behoefte aan likiditeit kan wees. Kom ons kyk na die volgende voorbeeld.