Die protokol is China se invoervereiste en die registrasieproses en lys van geregistreerde markdeelnemers is vereistes wat China as deel van sy invoer-vereistes verlang. Dit is ’n algemene handelvereiste om naspeurbaarheid te bewerkstellig in geval van ’n plaag wat in ’n besending opgespoor moet kan word.
Internasionaal goedgekeurde toesig- en toetsmetodes vir mieliedwerg- en suikerrietmosaïekvirus, en sorghumdonsskimmel word vereis. Die direktoraat plantgesondheid van die departement het markdeelnemers soos opbergers en uitvoerders daarom op 18 November 2022 versoek om hul geriewe vir uitvoer na China in die 2022-’23-produksiejaar teen 9 Desember te registreer.
Die department registreer jaarliks produsente, uitvoerders en opbergingsaanlegte wat by uitvoerprogramme betrokke is. Die direktoraat plantgesondheid (NPPO) is verantwoordelik vir die registrasie.