AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Internasionale beoordelaars by Veritas

Groot druk is die week geplaas op beoordelaars van die Veritas-toekennings – die grootste wynskou in sy soort in die land.

Die hoë agting waarmee wynmakers en brandewynmeesters, sowel as wynverbruikers, die uitslae van Veritas bejeën, plaas groot druk op die beoordelaars van die 1 792 inskrywings vir die 2013-kompetisie.

Elke jaar word ? aantal internasionale kundiges genooi om by die hoogs gekwalifiseerde plaaslike span beoordelaars aan te sluit om hierdie groot taak aan te pak. Vanaf 16-20 September is die meer as 100 beoordelaars by die Nederburg-veilingkompleks in aksie. 

“Ons benadering om internasionale wynpersoonlikhede by die Veritas-kompetisie te betrek, verhoog ongetwyfeld die internasionale belangstelling,” meen mnr. Charles Hopkins, voorsitter van die SA Nasionale Wynskouvereniging.  “Enersyds gaan hierdie wyn-ghoeroes terug na hulle invloedsfere met gunstige indrukke van ons wyne en die geloofwaardigheid van die Veritas-uitslae. Andersyds verkry ons beoordelaars en wynmakers waardevolle terugvoer vanaf daardie wêrelddele waarheen Suid-Afrikaanse wyn uitgevoer word.”

Me. Mimi Avery is vir die afgelope 20 jaar deel van die wynbedryf in Brittanje. Avery is reeds 14 jaar werksaam by Averys of Bristol, een van die bekendste wynhuise in die VK, en is tans die handelsmerk-ambassadeur. Sy was voorheen die wynaankoper met Suid-Afrika hoog op haar lys en is ? beoordelaar vir wynkompetisies, soos die International Wine Challenge en Winestars International.

Mnr. Frank Smulders van Nederland het in 1992 slegs die tweede kontinentale Europese Master of Wine verwerf – algemeen beskou as die hoogste kwalifikasie in terme van wynkennis. In sy kapasiteit as konsultant en opvoeder het hy by verskeie toonaangewende Spaanse wynkelders, soos die Celler de Capcanes, gewerk. Smulders was onlangs verantwoordelik vir die onderhoud van een van die wêreld se grootste wynversamelinge, die bekende Palais Coburg-wynkelder in Wenen, Oostenryk.

Mnr. Thomas Lüber van Duitsland, ? gereelde beoordelaar by Veritas, is ? wynkonsultant met uitgebreide ervaring in die beoordeling en aankope van wyn. Lüber was die hoofaankoper van Suid-Afrikaanse wyne vir WIV Wein International AG – die wêreld se grootste direkte wynverkope-maatskappy met wingerde in Duitsland, Frankryk, Hongarye, Australië en Suid-Afrika – vir 20 jaar.

Mnr. Johan Larsson dra die titel as die amptelike wynadviseur vir die koning en koningin van Swede.  Hy is ook die hoof-wynaankoper van Suid-Afrikaanse, Griekse, Turkse en Asiese wyne vir die Sweedse wynhandelsmonopolie, Systembolaget.

Mnr. Denis Lahouratate is tans die keldermeester by die Franse House of Bisquit Cognac. Sy omvattende ervaring in veral die maak en beoordeling van brandewyn maak sy bydrae as beoordelaar van hierdie kategorie onontbeerlik. Sy indrukwekkende loopbaan sluit in tyd by Maison Joseph Mellot in Sancerre, ? tydperk as keldermeester by Lillet (bekende Bordeaux-aperitief), en later by die Leopold Gourmel House of Cognac.

Mnr. Dave Hughes, ? staatmaker en bekende wyn- en spiritualieë-skrywer in Suid-Afrikaanse wynkringe, sluit weer eens by Lahouratate aan as voorsitter van die paneel wat die brandewyninskrywings proe. Hughes is ? internasionale wynbeoordelaar van formaat, asook ? konsultant, afslaer en argitek van die Kaapse Wynakademie en ? lid van die Brandewyngilde. Hy is ook voorsitter van verskeie ander panele.

Die plaaslike span beoordelaars word saamgestel uit die geledere van wynmakers, navorsers, akademici, Kaapse wynmeesters, wynkopers, wynskrywers en konsultante.  Panele van sewe beoordelaars wat volgens hul spesifieke ervaring en kennis ingedeel is, proe die inskrywings blind.

Sauvignon Blanc neem weer eens die leiding met 201 inskrywings teenoor die 192 van Shiraz.  Cabernet Sauvignon volg met 144 inskrywings en Rooi Versnitte (enige ander versnit) met 137. Altesaam 34 standaard, oesjaar en potketel-brandewyn-inskrywings is ontvang.

Die bekendmaking van die medaljewenners geskied op Saterdag 5 Oktober tydens ? glansgeleentheid in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum (KIKS), geborg deur Agri-Expo. 

Byskrif: Die internasionale beoordelaars, is van links: Dave Hughes (Suid-Afrika), Mimi Avery (VK), Frank Smulders (Nederland), Thomas Luber (Duitsland), Johan Larsson (Swede). Fotograaf: Lionel Besterfield

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.43
+0.5%
Rand - Pond
22.61
+0.2%
Rand - Euro
19.89
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Platinum
986.63
+1.5%
Palladium
1,404.92
-0.1%
Goud
1,940.23
-0.0%
Silwer
22.37
-0.2%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,598
+1.2%
Alle aandele
75,064
+1.1%
Hulpbronne 10
65,315
-0.5%
Industriële 25
101,415
+1.6%
Finansiële 15
15,370
+2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hoop om die regte een te vind
Ek is n middeljarige man wat nog graag die meeste wil maak van die jare wat ek oor het. Ek het vele belangstellings en beskou die lewe as n avontuur. Ek is opsoek na iemand wat...
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot