Almal het al gehoor van ’n sogenoemde lewenslêer waarin al jou belangrike inligting bymekaar gehou word sodat dinge makliker vir jou naasbestaandes is wanneer jy die dag sterf. Baie boere weet egter nie waar om te begin nie.
Jou Old Mutual-finansiële adviseur of makelaar het toegang tot ’n besonder nuttige dokument, bekend as Your Life Matters – The Old Mutual Life File. Die doel daarvan is om alle finansiële inligting, regsdokumente, besigheids- en persoonlike inligting bymekaar te hou sodat jou boedel makliker beredder kan word.
Hierdie dokument kan voltooi word met onder meer die volgende belangrike inligting wat van praktiese belang is. Jou sekuriteit. Dit behels waar jou spaarsleutels gebêre word en waar vuurwapens en vuurwapenlisensies gehou word. Indien jou huis met ’n alarmstelsel beskerm word, wat die kode van die alarmstelsel is.